Einde van die winter in sig

Einde van die winter in sig

Gansbaai Courant

Verlede week sou geen regdenkende mens met ‘n boot see toe gaan nie. Teen die naweek het sake al beter gelyk (maar daar is nog aan die kom!) en hoewel die water nie ideaal was nie sou jy ook nie jou lewe in gevaar gestel het om te gaan loer vir ‘n vissie nie. Dit is in elk geval nie die weer wat ons normaalweg hier kort duskant November verwag nie en daar word voorspel dat dit die stertkant van die winter is. Nou word daar hard gestry (waaroor anders kan daar geredekawel word?) oor of winter of somer verkies word  --  en elkeen het sy voor- en nadele. En albei is ewe nodig!

Een van die dae gaan die kabeljou weer sy verskyning aan die kus maak, en dié is sommer om die draai. Dan moet daar kort-kort briek aangedraai word met die beriggewing, want die kabeljou neem oor. Ek weet van geen tyd dat hierdie vis nie sy opwagting gemaak het nie, en hierdie jaar gaan ook geen uitsondering wees nie. Wat wel ‘n feit is is dat die groter kabeljou vanjaar baie skaarser was en by tye het dit gelyk asof die vis, normaalweg hier by Maartmaand, met die rowwer water, nie na die dieper water pad gegee het nie. Daar is wel enkele mooi visse in die diep gevang maar die verwagte  mooi vangste het nie gematerialiseer nie. So skuins-skuins word reeds geloer na ‘n plek soos Franskraal, maar dit is darem nog bietjie vroeg. Tog hoor jy redelik dikwels van kabeljou wat in daardie geweste gevang word. Die manne met die lang stokke is die ouens wat van die gelukkiges is.

Dit is ook eienaardig dat die “vuil” water baie produktief was. Sommige hengelaars glo nogal dat die vis hierdie water verkies  --  en ons praat nou van veral kabeljou en galjoen, hoewel ook steenbras nie skaam was om te byt nie. Die geloof is mos dat hierdie kleurwater teweeggebring word deur vars water as gevolg van die baie reën, en hoe kan dit ‘n goeie ding wees? Die manne wat anders redeneer steur hulle min aan hierdie geloof en dat hulle wel suksesvol is, is ‘n feit. Nou ja!

In ‘n hengelkompetisie wat Saterdag vanaf Struisbaai van stapel gestuur is is heelwat steenbras en galjoen gevang. Mosselkrakers asook ander spesies is ook ingeweeg.

Somer of winter? Vir my, winter. Gepaste klere en ‘n lekker warm kaggelvuur, ‘n vissie op die kole en reëndruppels teen die ruit.

Groete, Seemeeu

Einde van die winter in sig

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Find Your Dream Home: Explore Our Range of Properties Today!

Find Your Dream Home: Explore Our Range of Properties Today!

Dive into our selection of available properties and find the perfect home that matches your lifestyle and preferences.

Great News! These Puppies Found Their Forever Homes!

Great News! These Puppies Found Their Forever Homes!

Thanks to your support, all the adorable puppies in our photos have been adopted!

BARC Animal Welfare
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

In Deel 10 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

If you're an aspiring entrepreneur, you've probably taken all the necessary steps to start your business. 

Affordable Second-Hand Clothing and Shoes

Affordable Second-Hand Clothing and Shoes

Exciting news! Belle Vous has just received a fresh batch of second-hand clothing and shoes.

Belle Vous
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 18 April 2024

Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 18 April 2024

Ready for an adrenaline-packed Thursday? 

See All Articles