Einde van die winter in sig

Einde van die winter in sig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verlede week sou geen regdenkende mens met ‘n boot see toe gaan nie. Teen die naweek het sake al beter gelyk (maar daar is nog aan die kom!) en hoewel die water nie ideaal was nie sou jy ook nie jou lewe in gevaar gestel het om te gaan loer vir ‘n vissie nie. Dit is in elk geval nie die weer wat ons normaalweg hier kort duskant November verwag nie en daar word voorspel dat dit die stertkant van die winter is. Nou word daar hard gestry (waaroor anders kan daar geredekawel word?) oor of winter of somer verkies word  --  en elkeen het sy voor- en nadele. En albei is ewe nodig!

Een van die dae gaan die kabeljou weer sy verskyning aan die kus maak, en dié is sommer om die draai. Dan moet daar kort-kort briek aangedraai word met die beriggewing, want die kabeljou neem oor. Ek weet van geen tyd dat hierdie vis nie sy opwagting gemaak het nie, en hierdie jaar gaan ook geen uitsondering wees nie. Wat wel ‘n feit is is dat die groter kabeljou vanjaar baie skaarser was en by tye het dit gelyk asof die vis, normaalweg hier by Maartmaand, met die rowwer water, nie na die dieper water pad gegee het nie. Daar is wel enkele mooi visse in die diep gevang maar die verwagte  mooi vangste het nie gematerialiseer nie. So skuins-skuins word reeds geloer na ‘n plek soos Franskraal, maar dit is darem nog bietjie vroeg. Tog hoor jy redelik dikwels van kabeljou wat in daardie geweste gevang word. Die manne met die lang stokke is die ouens wat van die gelukkiges is.

Dit is ook eienaardig dat die “vuil” water baie produktief was. Sommige hengelaars glo nogal dat die vis hierdie water verkies  --  en ons praat nou van veral kabeljou en galjoen, hoewel ook steenbras nie skaam was om te byt nie. Die geloof is mos dat hierdie kleurwater teweeggebring word deur vars water as gevolg van die baie reën, en hoe kan dit ‘n goeie ding wees? Die manne wat anders redeneer steur hulle min aan hierdie geloof en dat hulle wel suksesvol is, is ‘n feit. Nou ja!

In ‘n hengelkompetisie wat Saterdag vanaf Struisbaai van stapel gestuur is is heelwat steenbras en galjoen gevang. Mosselkrakers asook ander spesies is ook ingeweeg.

Somer of winter? Vir my, winter. Gepaste klere en ‘n lekker warm kaggelvuur, ‘n vissie op die kole en reëndruppels teen die ruit.

Groete, Seemeeu

Einde van die winter in sig

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles