Gansbaai Gholfnuus

Verjaarsdae:  Dawie Viljoen 26, Derrick Jerrard 27, Awie vd Merwe 28 – veels geluk!  Hoop dit is ‘n pragtige jaar!

Woensdag se Sloegterskompetisie was gewen deur Paul Dippenaar met 41 punte, gevolg deur Royce Woods 40, Solly Wessels 37, Jakkie Beukes 37, Charlie Bent 33, Daan Victor 33, Dawie Viljoen 32, George Hunt 31, Bev Swart 30.  Naaste aan die penne was Jakkie Beukes op no 2&11, George Hunt op no 8&17 en Leon Hattingh op no 15.  Dawie Viljoen teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 15.  Royce Woods wen die boerpotputjies (9,13 en 16).

Vrydag was daar geen kompetisie as gevolg van die weer, en die ledetrekking is nie gewen nie.

Jakkie Beukes & Daniel van der Merwe

Saterdag se kompetisie was ‘n 4BBB Stableford en die wenners was Jakkie Beukes & Daniel vd Merwe met 44, gevolg deur Herman Bosman 42, Solly Wessels & Dawie Viljoen 40, John Thompson & Andre Roos 39, Charlie Bent & George Hunt 38, Malcolm Bury & Charlie Bent 37, Solly Wessels & El Matthee 37, Paul Dippenaar & Joe Cesare 37, Bev Swart & Steve Muller 35, Johan Coetzee & Pierre Lombard 35.  Naaste aan die penne was Andre Roos op no 2&11 en Herman Bosman op no.15 (borg: SuperSpar/Tops).

Volgende Saterdag is die Overstrand Medical Response Gholfdag vir fondsinsameling om ‘n nuwe Ambulans te koop.  Kom en ondersteun hierdie goeie saak – dit is belangrik vir almal in hierdie omgewing.

Klub/Club:  028 384 1441 – Leon Hattingh & Andre Roos
Navrae/Enquiries:  082 878 0534