Jesus weet HOE jy voel

Jesus weet HOE jy voel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak.” Mat 14:14 

Ai, daar kom dae wat jy sekerlik ook wens daar is iemand wat jou kan verstaan, weet hoe jy voel as jy hartseer, bang of sommer net ongelukkig is. Goeie nuus  – daardie Iemand is Jesus!  Jy kan nou Sy arms om jou voel en jy mag jou kop teen Sy bors leun!

Dit is juis wat GOD wou hê toe Hy Sy Seun na hierdie aarde toe gestuur het. Sodat Jesus presies kon deurgaan wat  jy ervaar en voel – sodat jy kan weet dat Hy regtig verstaan hoe jy nou voel. Want anders as ons, het Jesus nie net kom kyk wat kan Hy vat nie, maar wat kan Hy kan gee! 

(Jy moet Matteus 14  deurlees om te weet waardeur Jesus op een dag moes gaan in Sy lewe!)

Jesus hoor Sy vriend en neef Johannes die Dopers is onthoof en Hy probeer wegkom om ‘n bietjie alleen te wees, maar die skare mense volg Hom oral – en in plaas daarvan om hulle weg te stuur lees ons: “Toe Hy die menigte sien het Hy hulle innig jammer gekry!” Jesus kyk weg van Sy eie hartseer – en sien die skare raak!

Dit is ’n GOD van LIEFDE! Dit is wat Jesus aan ons kom wys het – dat ons ’n GOD dien wat ons nood, pyn en hartseer verstáán. “Ja, maar” hoor ek jou sê, “Jesus was immers GOD se Seun,  Hy kon dit doen.”  Dis amper soos wanneer ‘n pa sy klein seuntjie leer om ‘n bal te skop – en die seuntjie naderhand moedeloos sê: “Ag, Pa! Dis maklik vir Pa, want Pa is gróót!” Nee, dink daaraan dat Jesus jou só goed ken omdat Hyself deur pyn, versoeking en hartseer moes gaan – sodat Hy jou beter kan verstaan!

Kyk hierna: Jesus het die skare voor Hom goed geken – Hy het geweet hulle is diewe, leuenaars, prostitute – en al het Hy geweet dat hulle nog gaan sondig – het Hy hulle genees! Hoekom sal Hy dit nie ook vir jou doen nie! Jy is tog net so spesiaal vir Hom soos al Sy ander kinders! Dink mooi! GOD ken al jou foute – en nogtans gee Hy die beste vir jou! Hy weet dat jy Hom in die toekoms gaan teleurstel en tog gee Hy jou elke dag Sy liefde en genade, onverdiend!

GOD se goedheid word nie deur jou belangrikheid bepaal nie, maar deur Sy natuurlike liefde – Hy wil jou liefhê – soos jy is!  Niemand is onwaardig vir Jesus nie  - Hy doen goed aan almal! – Moet ek en jy nie dan ook almal spesiaal behandel nie?

Jesus weet HOE jy voel

Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles