Biblioteek kennisgewing

Gansbaai Biblioteek se bibliotekaris, Sharman Geldenhuys, herinner lede daaraan dat die biblioteek volgende week vanaf Woensdag, 9 Oktober tot Vrydag, 11 Oktober gesluit sal wees. ‘n Voorraadopname, wat nie gedurende bedryfsure moontlik is nie, moet gedoen word. Lede het geen rede tot kommer oor boetes vir laat-indienings as gevolg van die voorraadopname nie. Sharman sê die datums op die stempels sal almal aangeskuif word. Gansbaai Biblioteek se bedryfsure is Maandae tot Vrydae vanaf 09:30 tot 17:30, ingesluit etenstye vir die gerief van werkendes.

Hardus Botha