“Herberg-aan-See wil nog eens vir elkeen wat so mildelik bygedra het, dikwels selfs uit die te min wat hulle reeds het, baie hartlik en opreg bedank,” sê Francia van Dyk, organiseerder van die pasafgelope basaar ten bate van Herberg-aan-See.
“’n Groot dankie aan elkeen wat die basaar kom ondersteun het en die tafels behoorlik leeg gekoop het.” Sy bedank ook graag die gemeenskap wat al hul familielede in die gure weer saamgesleep het basaar toe, asook die vele besoekers wat die basaar so goed ondersteun het. “Veral ook ‘n groot dankie aan almal wat vooraf met die kollektelyste in die winter, wat ons almal bygekom het, moes loop vir bydraes, asook aan almal wat gebak, gekook, gemaak en ge-wat-ookal gedoen het, té veel om op te noem. Nogmaals dankie uit ons harte uit.”
Hierdie gewilde basaar lewer jaarliks ‘n enorme bydrae tot die Tehuis se bedryfskostes waarsonder daar nie klaargekom kan word nie. Die organiseerders, werkers, bestuurder, personeellede, Beheerliggaam en veral die bejaardes, loop jaarliks oor van dankbaarheid vir die suksesse wat behaal word, ondanks moeilike ekonomiese omstandighede waarin almal gedompel is.
Vir navrae oor en/of bydraes ten bate van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, kan die bestuurder, John van Rooyen by 028-383-0501 geskakel word.
Hardus Botha
Basaar dankbaarheid
03 October 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
You Have the Power to Change the Pattern
Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.
Red Wine Oxtail
Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?
Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.
Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs
An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026
The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...











