Fees vooruitsigte

Fees vooruitsigte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis die ene bedrywigheid in Gansbaai Toerismekantoor met die komende Fees van die Ganse Seekosstraatfees op 7 Desember vanjaar. Dit klink ver in die toekoms, maar om al die reëlings in plek te kry, is daar min tyd oor. Daar kan weer eens uitgesien word na ‘n groot verskeidenheid van Feesitems in Gansbaai se middedorp, soos musiek- en kindervermaak, mnr/mej Fees van die Ganse, straatoptog, stalletjies, gholf, visbraai, kaskarre en veel, veel meer. Hou Gansbaai Courant dop vir inligting. Kennis kan egter nou reeds geneem word van ‘n volledige advertensie in die volgende uitgawe van Gansbaai Courant van 10 Oktober. Verskeie uitnodigings om deelname, asook uitnodigings aan stalletjiehouers, restaurante, visbraai en veel meer sal daarin geplaas word. Die belangrikste een vir die oomblik is dat tenders vir die bedryf van die Biertent op Saterdag, 7 Desember aangevra gaan word.

Die volgende vereistes kan voorlopig kennis van geneem word: die beskikbaarstelling van ‘n tent, wat deel van die vermaaktent sal wees, asook tafels en stoele, maar in samewerking met die Toerisme Buro; besigheidsure vanaf 09:00-22:00; in besit wees van ‘n geldige dranklisensie; die verskeidenheid van alkoholiese drank moet nie net tot bier, wyn, ciders, whisky en brandewyn beperk wees nie; glase; kroegtoonbank; yskaste; persentasie van winste wat aan die Fees afgestaan sal word; algemene benodigdhede soos benodig vir die bedryf van ‘n biertent en kroeg.

Tenders se sluitingsdatum is vir Vrydag, 1 November 2013 om 24:00 geskeduleer en moet in pdf-formaat aan gansbaaimanager@telkomsa.net gestuur word, of in ‘n geseëlde koevert by Gansbaai Toerisme (Gateway Sentrum) ingedien word.

Meer besonderhede sal in genoemde advertensie geplaas word, maar vir navrae kan Glenda Kitley intussen by 072-291-5564 gekontak word, of stuur ‘n epos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net.

Onthou vanjaar se Feesdatum: Saterdag, 7 Desember 2013 in Gansbaai se middedorp en wat met die jaarlikse aanskakeling van die Kersliggies op Vrydag, 6 Desember sal saamval.

Hardus Botha

Fees vooruitsigte

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles