Gholfnuus

Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur George Hunt met 37 punte, gevolg deur Charlie Bent 34, John Thompson 34, Daan Victor 33, Jakkie Beukes 32, Bev Swart 31, Dawie Viljoen 31, Solly Wessels 30, Joe Cesare 30, Rupert Roux 30.   Naaste aan die penne was Solly Wessels op no 2&11, en Rupert Roux op no 8&17.  Solly Wessels teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 11.

Vrydag se kompetisie (borg:  OK Foods) is gewen deur Daniel vd Merwe met 13 punte en die ledetrekking was nie gewen nie en word oorgedra.

Saterdag was die Overstrand Medical Response Gholfdag vir fondsinsameling vir ‘n nuwe Ambulans.  Daar het 34 spelers deelgeneem en die dag was ‘n groot sukses. 

Solly en Wessel Wessels (foto verskaf)

Die formaat van die kompetisie was ‘n 2-bal American Scramble en die wenners is Solly Wessels & Wessel Wessels met 60.6, gevolg deur Leon Hattingh & Bev Swart 61, Dirk van Dyk & Melvin Tobias 64.6, Don Richards & Lex de Vries 66, Charlie Bent & George Hunt 68, Sextus Neethling & J Nell 68, Senekal Dreyer & Andre Coetzee 69, Daniel vd Merwe & jakkie Beukes 71, Johan Coetzee & Royce Woods 71, Malcolm Bury & Clive Bailey 72.  Naaste aan die penne was John Thompson op no 2&11 en Charlie Bent op no 8&17.  Daniel vd Merwe teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 2.

Volgende Saterdag se kompetisie word geborg deur Thorburn Security en die formaat is ‘n 4BBB Stableford.

Klub/Club:  082 384 1441  Navrae/Enquiries: 082 878 0534
Klubkaptein:  082 565 8411