Franskraal Rolbalnuus

Franskraal Rolbalnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr: Kim Breach, Ivan Giles, Madeline Janse van Rensburg en Marius de Wit

Die beplanners van rolbaltoernooie is deeglik bewus van die rol wat die weer kan speel in die aanbied van 'n suksesvolle en aangename toernooi.  Nat perk veroorsaak dat balle swaar rol en nat balle is glad en moeilik beheerbaar.  Daarbenewens belemmer reënklere beweeglikheid van spelers en is dit oor die algemeen nie juis aangenaam om met nat klere in die reën te speel nie.

Gevolglik is daar in die week voor die toernooi wat Franskraal op 21 September aangebied het, baie gebede opgestuur dat die weer tog op die dag sal saamspeel om die spel moontlik te maak.  Hoe nader daar aan die datum van die toernooi gekom is, hoe angstiger is die weerglase dopgehou en na weervoorspellings geluister.

Toe breek die 21ste aan en wonder bo wonder reën dit nie, hoewel dit bewolk en koud bly.  Spel is moontlik, die dag verloop volgens plan en die gees is goed.  Na afloop van die toernooi is almal dit eens – rolbal het weer gesorg vir 'n genotvolle dag ten spyte daarvan dat weersomstandighede nie ideaal was nie.  Hiervoor is al die deelnemers dankbaar.

Vyf spanne van Hermanus, 9 van Franskraal, 3 van Greyton en 1 van L’Agulhas het deelgeneem.  Aanvanklik het die Bestuur van Franskraal gevrees dat die besoekende spanne vergeefs moeite gedoen het om so ver hierheen te reis, maar almal was uiteindelik tevrede dat dit tog die moeite werd was.  Die smaaklike middagete wat voorgesit is, het ook gehelp om die koue te verdryf.  Die wenners van die toernooi was Ivan Giles en sy span van Franskraal en die tweede en derde plekke is ook deur spanne van Franskraal onder leiding van Hettie Lass en Betsie Schreuder onderskeidelik ingeneem.

Die toernooi is deur Burmar Civils en Build-it geborg en moontlik gemaak.  Franskraal waardeer hulle voortgesette ondersteuning van die klub.  Rolbal is lekker.  As jy dit nie glo nie, kom beleef dit!  Skakel vir Marius de Wit by 082-926 0892.

Pieter Conradie

Franskraal Rolbalnuus

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles