Jy is reeds n NUWE mens Leef dan ook so

 Jy is reeds n NUWE mens  Leef dan ook so

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” (2Kor 5:17)

Besef ons as Christene werklik wat het alreeds met ons gebeur die oomblik toe ons Jesus as Verlosser in ons lewe aangeneem het? Leef ons elke dag in die krag van Sy Naam en tree ons op as oorwinnaars?

Hier is ’n verhaal om die punt te illustreer: Daar word vertel dat die vurige hings van Napoleon Bonaparte met die slag van Waterloo uitgebreek het en weggehardloop het. ’n Wakker jong manskap het op sy eie perd gespring en die hings ingejaag. Toe hy die leisels van die hings in Napoleon se hand teruggee het Napoleon die manskap met ‘n glimlag bedank en gesê: “Dankie Kaptein!” Die jong manskap het geskrik, maar flink op aandag gespring, gesalueer en gesê: “Ek dank u, Generaal!”  Hy is dadelik terug na sy slaapplek toe, het sy klere ingepak en in die offisierskwartiere ingetrek. Toe neem hy sy ou uniform en ruil dit om vir dié van  ‘n kaptein!

Op grond van die generaal se woorde het hy dadelik sy nuwe status aangeneem en daarvolgens begin optree. Hy het nie getwyfel nie. Hy het nie geargumenteer nie. Hy het geweet deur wie se outoriteit hy kon optree. En hy het dit aanvaar. Binne sekondes het sy hele lewe verander.

Ek wens só dat ons as Christene dieselfde kan doen. As ons maar net geglo het wat GOD ons in Sy woord belowe: “Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”(2Kor 5:17) Dit is nie meer nodig om soos ‘n bedelaar op te tree as jy die Koning se kind is nie. Jy het die reg om as kind van GOD jou plek in hierdie wêreld in te neem en met trots en oortuiging te wys wie jy nou is. Ons moet met krag kan bid en glo dat ons gebede in die Naam van Jesus Christus ’n verskil in die land sal maak. Ons kan as oorwinnaars saamstaan teen geweld en korrupsie – en weerstand bied op GOD se manier: “want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”(Mat 18:20) Kom ons begin bid in groepies van twee of drie en pleit dat GOD vir ons wat reeds oorwinnaars is in Jesus – die mag van die bose en die mag van geweld en korrupsie sal verbreek! Jy sal eerstens oorwinning oor jou eie swakhede behaal en dan sal jy sterker begin optree in jou omgewing!

Ek daag jou uit: Begin leef soos die nuwe mens wat jy reeds is! Staan op vir Jesus!

 Jy is reeds n NUWE mens  Leef dan ook so

Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles