Blog

Geskiedkundige vennootskap tussen CapeNature en Grootbos Foundation

Geskiedkundige vennootskap tussen CapeNature en Grootbos Foundation

Gans-Berg Nuus / News

Geskiedkundige vennootskap tussen CapeNature en Grootbos Foundation

Die vennootskap tussen CapeNature en Grootbos Foundation is sonder enige twyfel ‘n wen-wen situasie vir die plaaslike omgewing en die ekonomie. CapeNature, die Wes-Kaapse Bewaringsagentskap en Grootbos Foundation het hande gevat deur ‘n formele vennootskap aan te gaan. Die doel van die vennootskap is om uitheemse plantegroei in die Walkerbaai-gebied uit te roei, asook om vaardigheidsopleiding aan te spreek deur Grootbos Foundation se Green Futures College, die beroeps-opleidingskomponent van Grootbos Foundation.

Die twee organisasies het onlangs ‘n gesamentlike viering te Grootbos Privaat Natuurreservaat ter ere van die groep CapeNature studente wat ‘n huishoudings-opleidingsprogram voltooi het. Die groep van 19 vroue en 1 man vanuit die plaaslike gemeenskap in Gansbaai gaan die uitdagende en fisieke taak aanpak om die indringerplantspesies op die duine in die Walkerbaai Natuurreservaat area uit te roei. Die geleentheid is ook deur Minister Anton Bredell, LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning bygewoon, asook die eienaar van Grootbos Privaat Natuurreservaat, mnr Michael Lutzeyer.

Altwee partye stel ekonomiese ontwikkeling en bewaring as ‘n gemeenskaplike doelwit. Minister Bredell het die vennootskap lof toegeswaai: “Dit is prysenswaardig wanneer die private sektor in bewaring belê en verantwoordelikheid neem vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling en werkskepping. Nie net sal die skoongemaakte duine bydra tot die 12 000 hektaar wat die afgelope jaar op CapeNature-grond skoongemaak is nie, maar die werkers het nuwe vaardighede aangeleer wat hulle in staat sal stel om die arbeidsmark met groter selfvertroue te betree.”

Die huishoudings-opleiding wat aan 16 CapeNature toerismebeamptes aangebied word, is gebaseer op die “train-the-trainer”-konsep sodat elke CapeNature-beampte nou hul opleiding en kennis by al die CapeNature-reservate met ‘n toerisme-aanbieding kan deel, wat die reikwydte van hierdie opleiding na ‘n verdere 100 werknemers in die eerste jaar sal uitbrei.

Mnr Michael Lutzeyer het gesê: “Bewaring werk die beste wanneer almal betrokke is, en elke persoon wat in ons dorpsgemeenskappe woon, verstaan die waarde daarvan om ongerepte natuur te beskerm. Ons kan almal ‘n rol in bewaring speel, en ons kan almal voordeel trek uit bewaring deur meer groen werksgeleenthede te skep, veral vir vroue. Dit is maklik om die ongelooflike skoonheid van die Walkerbaai-streek te sien - om almal aan hierdie skoonheid te verbind, is hoe ons dit vir altyd sal beskerm. Ons waardeer die ondersteuning van CapeNature om hierdie verantwoordelikheid vir ons mense en ons planeet te deel.”

“As die bewaarder van meer as ‘n miljoen hektaar bewaringslandgoed in die Wes-Kaap, is strategiese vennootskappe soos hierdie van kritieke belang vir CapeNature om sy mandaat te bereik. Dit is ‘n wen-wen situasie vir beide die ekonomie en die omgewing,” het minister Bredell gesê.

 
Grootbos Foundation (Vertaal deur Gans-Berg Nuus)
Geskiedkundige vennootskap tussen CapeNature en Grootbos Foundation

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg Nuus / News - 3 July 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 3 July 2026 Edition

From community safety and conservation success to local achievements and exciting events...

Gans-Berg Nuus / News
I Am Building My Best Life in Accordance with What I Desire

I Am Building My Best Life in Accordance with What I Desire

There comes a point in every healing journey when you realise that your life can no longer be defined by what happened to you.

Nature's Tiny Pollinator

Nature's Tiny Pollinator

The Grootbos Foundation's Friday news kicks off with a face full of pollen.

Grootbos Foundation
Support Your Pet's Gut Health

Support Your Pet's Gut Health

A healthy gut plays an important role in your pet's overall health...

The Pet Grocer
Overberg Geoscientists Group Newsletter - July 2026

Overberg Geoscientists Group Newsletter - July 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) Newsletter is now available!

Explore Antarctica with the Overberg Geoscientists Group!

Explore Antarctica with the Overberg Geoscientists Group!

Join the Overberg Geoscientists Group (OGG) for an incredible presentation by environmental scientist and climatologist Paul Lee.

See All Articles