Die verhaal van ‘n merkwaardige man - Prof Dr Petrus J Nienaber

Die verhaal van ‘n merkwaardige man - Prof Dr Petrus J Nienaber

Gans-Berg Nuus / News

Image

Die verhaal van ‘n merkwaardige man - Prof Dr Petrus J Nienaber

“Die Afrikaanse Skrywerskring het in September 1943 al, in samewerking met die Stadsbiblioteek van Johannesburg, ‘n uitstalling oor die Eerste Taalbeweging gehou,” vertel Leana Lategan. “Die kosbare en unieke stukke wat daar uitgestal is, was uit die tuisversameling van Petrus J Nienaber.” Hierdie uitstalling het unieke eksemplare van items bevat wat met die Bybelvertaling verband gehou het. Nienaber het hierdie stukke versamel terwyl hy aan sy doktorsgraad gewerk het - en met 'n skok besef dat baie dokumente, manuskripte en ander relevante stukke nie meer opspoorbaar was nie.

Nienaber was bekend daarvoor dat hy vars en innoverend kon dink, idealisties ingesteld was, en 'n buitengewone werkywer gehad het - ‘n werkslaaf wat nie tyd, eie geld, en selfs gesinsluukshede ontsien het om die inklusiewe bewaring van Afrikaanse boeke na te jaag nie.

Leana vertel dat die idee van 'n letterkundige museum in Suid-Afrika baie ouer is as dié van die noodsaaklikheid van 'n dokumentasiesentrum. 'n Bewaarplek vir Afrikaanse boeke is voorafgegaan deur sogenaamde boekweke, waartydens die publiek toegang kon kry tot besonderse boeke, die skrywers, foto's, manuskripte en korrespondensie tussen skrywers en hulle geesgenote. “Die uiteindelike amptelike opening van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum was ‘n klein, sekere begin vir die verwesentliking van Nienaber se ideaal,” het Lrana gesê.

Petrus J Nienaber is op 1 Oktober 1910 gebore en het ’n leeftyd van prestasies op die wenakker van Afrikaans op sy kerfstok. As die stigterskurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), was dit maar slegs een van sy vérsiende en ambisieuse drome wat hy deur vlytige arbeid en met deursettingsvermoë bewaarheid het. Nienaber se werkywer en passievolle toewyding aan alles wat met die Afrikaanse skrywer en woord te make het, was legendaries. Na deeglike navorsing het hy woordportrette en biografiese essays oor talle skrywers gepubliseer, genaamd “Hier is ons skrywers” - ‘n bundel wat tot vandag toe ’n bron van onskatbare waarde vir navorsing is.

Reekse soos die “Bibliografie van Afrikaanse boeke” en die “Bronnegids by die Afrikaanse Taal en Letterkunde”, was baanbrekerswerk, asook die eerste “Perspektief en Profiel”, wat reeds in 1951 vir die eerste keer saamgestel is. “Dan is daar ook nog ander werk wat ’n mens onwillekeurig in gedagte roep, soos publikasies oor die geskiedenis van die Bybelvertaling en die vroeë taalvegters, die Hertzogprys, ’n “Suid-Afrikaanse Pleknaamwoordeboek”, “Vroeë Afrikaans in die Vrystaat” en vele tekste oor bewaring, veral in die Vrystaat,” vertel Leana. “Hy kon oor pioniershuise skryf, spookstories vertel, kleiner kinders laat skaak speel en deur hulle mooi land laat reis; hy kon ook die beste van Afrikaanse poësie vir jong lesers opdis in bundels soos “Digters en Digkuns”.

“Daar was bitter min kultuurorganisasies waaraan hy nie deel gehad het nie, want hy het nie net gedroom nie, hy was bereid om die eerste sooie te spit en voor te vat - wat ’n merkwaardige mens om te onthou,” het Leana gesê. In 1982 word Nienaber vereer met die Dekorasie vir Voortreflike Diens (goud) deur die Staatspresident (1 Oktober 1910 - 24 Mei 1995) - die hoogste toekenning aan ‘n burger van Suid-Afrika. 

 
Hardus Botha

Foto:
Petrus J Nienaber. 
(Op internet gekry: PJ Nienaber)

Die verhaal van ‘n merkwaardige man - Prof Dr Petrus J Nienaber

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaand

Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaand

Wêreld Fotografiedag word die afgelope 35 jaar op 19 Augustus wêreldwyd gevier om die dag toe die Daguerrotipe...

Gans-Berg Nuus / News
Under the Microscope: Bark Bling

Under the Microscope: Bark Bling

This week at the Grootbos Foundation, we’re taking a closer look at something special found in our forests, bark bling!

Grootbos Foundation
From the Sports Desk

From the Sports Desk

Great action on the field this week!

Grootbos Foundation
NOTICE: PLANNED ESKOM POWER OUTAGE - 3 JUNE 2025

NOTICE: PLANNED ESKOM POWER OUTAGE - 3 JUNE 2025

This scheduled interruption is necessary to test equipment at the new Birkenhead 66kV substation before it is commissioned.

Gansbaai Tourism
TEMPORARY RECYCLING BAG SHORTAGE

TEMPORARY RECYCLING BAG SHORTAGE

Overstrand Municipality works closely with residents to support regular household recycling and responsible waste disposal.

Gansbaai Tourism
Dankie, Postnet Gansbaai!

Dankie, Postnet Gansbaai!

'n Opregte dank en waardering aan Adel Klotz van Postnet Gansbaai vir die pragtige canvas wat sy aan die skool geskenk het.

Laerskool Gansbaai
See All Articles