Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 6)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 6)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 6)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 6 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse - te veel inligting om weer te gee! 

Vanaf die besonderse Mana Pools by die Nyamepi Camp ry hulle met die A1 na Kariba. Elna vertel van die mooiste en grootste mopaniebome aan weerskante van die pad, asook van olifante, zebra’s, koedoe’s en vlakvarke. Hulle loop hulle vas in die “Tsetse Fly Traffic Control” stoppunt en die voertuie word deursoek vir tsetse vlieë! Soos hulle laer afry na Kariba, lyk dit asof hulle die see voor hulle sien so enorm groot is die meer. Aangekom by Kariba-dorpie, weet niemand waar die Nyamana Camping Site is nie. Uiteindelik en met ‘n slegte grondpad is hulle daar, maar wat ‘n teleurstelling - hulle is baie ver van die ‘see’-water af. Judy: “Ek weet nou nie of ek lus is om in hierdie droë gat te sit nie!” ‘n Paar opsies word oorweeg en hulle kom by Warthogs Bush Camp uit, waarmee hulle aangenaam verras is en Judy is uit haar ‘droë gat’ uit! Meer nog, die eienaars, Wayne en Louisa bied hulle twee ‘Family Safari’ tente, met ‘n ‘suite bathroom’ aan - “dis hemels en toe gee hulle 50% afslag indien ons nog ‘n nag oorbly, wat ons toe doen,” skyf Elna.

Hulle is bevoorreg om ‘n kapentaboot met sy groot, ronde net op die meer te sien, asook hoe die vis bewerk word. Daarna kom die damwal, iets in ‘n ander klas, aan die beurt. Elna: “Nee, hulle jok vir julle, dis die see hierdie en nie ‘n meer nie! My brein is te klein om die enorme stuk water te verwerk.” Geen wonder Elna is bekommerd oor die baie water nie, Lake Kariba is die wêreld se grootste handgemaakte meer. Die damwal is ook die grens tussen Zambië en Zimbabwe, wat hulle volgende kuierplek is. ‘n Gedenksteen, ‘Operation Noah’, is opgerig nadat wilde diere op verskeie eilande, wat as gevolg van die enorme hoeveelheid water ontstaan het, gered is. Die damwal is ‘n belewenis vir hulle, met stalletjies daar wat dit soos ‘n miernes laat lyk. Die kroegman by die kampplek vertel dat ‘Kariba’ aanvanklik ‘Kariva’ genoem is - dit beteken ‘trap’, soos ‘n wip in Engels om iets mee te vang. 

Hoe verder hulle ry, hoe meer beweging, hutjies en mense is daar. “Wat ons opval is die baie skoolkinders op pad huis toe - gekleë in die netjieste skoolklere, breërand-hoede, wit sokkies en skoene,” skryf Elna. Later is aan hulle verduidelik dat die skole sonder regeringshulp deur die gemeenskap gebou en onderhou word. Die regering verskaf net ‘swak-opgeleide’ onderwysers - glo om die standaard so laag as moontlik te hou sodat die kinders nie elders in die wêreld geleenthede sal ontvang nie!!

Hulle kry ‘n gelyk stukkie grond vir ‘n ‘wild camping’ oornagplek. Elna beskryf hulle ‘wild-camping-was’ - “Dis nou vir jou ‘n ander ding!” In Deel 7 kyk ons na hulle avonture op pad na Maabwe Bay.

 
Hardus Botha
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 6)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles