Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 6)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 6)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 6)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 6 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse - te veel inligting om weer te gee! 

Vanaf die besonderse Mana Pools by die Nyamepi Camp ry hulle met die A1 na Kariba. Elna vertel van die mooiste en grootste mopaniebome aan weerskante van die pad, asook van olifante, zebra’s, koedoe’s en vlakvarke. Hulle loop hulle vas in die “Tsetse Fly Traffic Control” stoppunt en die voertuie word deursoek vir tsetse vlieë! Soos hulle laer afry na Kariba, lyk dit asof hulle die see voor hulle sien so enorm groot is die meer. Aangekom by Kariba-dorpie, weet niemand waar die Nyamana Camping Site is nie. Uiteindelik en met ‘n slegte grondpad is hulle daar, maar wat ‘n teleurstelling - hulle is baie ver van die ‘see’-water af. Judy: “Ek weet nou nie of ek lus is om in hierdie droë gat te sit nie!” ‘n Paar opsies word oorweeg en hulle kom by Warthogs Bush Camp uit, waarmee hulle aangenaam verras is en Judy is uit haar ‘droë gat’ uit! Meer nog, die eienaars, Wayne en Louisa bied hulle twee ‘Family Safari’ tente, met ‘n ‘suite bathroom’ aan - “dis hemels en toe gee hulle 50% afslag indien ons nog ‘n nag oorbly, wat ons toe doen,” skyf Elna.

Hulle is bevoorreg om ‘n kapentaboot met sy groot, ronde net op die meer te sien, asook hoe die vis bewerk word. Daarna kom die damwal, iets in ‘n ander klas, aan die beurt. Elna: “Nee, hulle jok vir julle, dis die see hierdie en nie ‘n meer nie! My brein is te klein om die enorme stuk water te verwerk.” Geen wonder Elna is bekommerd oor die baie water nie, Lake Kariba is die wêreld se grootste handgemaakte meer. Die damwal is ook die grens tussen Zambië en Zimbabwe, wat hulle volgende kuierplek is. ‘n Gedenksteen, ‘Operation Noah’, is opgerig nadat wilde diere op verskeie eilande, wat as gevolg van die enorme hoeveelheid water ontstaan het, gered is. Die damwal is ‘n belewenis vir hulle, met stalletjies daar wat dit soos ‘n miernes laat lyk. Die kroegman by die kampplek vertel dat ‘Kariba’ aanvanklik ‘Kariva’ genoem is - dit beteken ‘trap’, soos ‘n wip in Engels om iets mee te vang. 

Hoe verder hulle ry, hoe meer beweging, hutjies en mense is daar. “Wat ons opval is die baie skoolkinders op pad huis toe - gekleë in die netjieste skoolklere, breërand-hoede, wit sokkies en skoene,” skryf Elna. Later is aan hulle verduidelik dat die skole sonder regeringshulp deur die gemeenskap gebou en onderhou word. Die regering verskaf net ‘swak-opgeleide’ onderwysers - glo om die standaard so laag as moontlik te hou sodat die kinders nie elders in die wêreld geleenthede sal ontvang nie!!

Hulle kry ‘n gelyk stukkie grond vir ‘n ‘wild camping’ oornagplek. Elna beskryf hulle ‘wild-camping-was’ - “Dis nou vir jou ‘n ander ding!” In Deel 7 kyk ons na hulle avonture op pad na Maabwe Bay.

 
Hardus Botha
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 6)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles