Blog

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Maar moenie té gerus raak.

“Die see het Saterdag, 20 April pragtig gelyk, met beloftes van goeie vangstes,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengel. “Dit was toe wel ‘n lieflike dag langs die waters en by sommige plekke het die hengelstokke soos hare op ‘n hond se rug gestaan.”

Elba sê niemand was teleurgesteld by die inweegskaal nie - die totale gewig van die visse wat ingeweeg is, was net meer as 46kg. Die voorloper tans is Thys Kemp van De Kelders met ‘n allemintige 17.71kg wat hy inkatrol het. “Baie geluk, Thys, ‘n lekker boottrip wink vir jou, maar moenie té gerus raak nie!” het Elba gesê. 

“Ons is slegs twee kompetisies weg van ons jaareinde en die onderlinge kompetisie raak nou straf onder die individuele hengelaars, asook die spanposisie.” Sy sê die voorloperspan, die Korhane, moes hulle voorsprong aan die Leervisse-span afstaan (eina!). Nou wag daar strawwe hengel, maar alles gelukkig in ‘n goeie gees! 

Die wenner van die dag was Thys Kemp, met Eldo Marais wat 2de met 6.48kg geëindig het en Eben Swanepoel 3de met 6.12kg. Die res van die suksesvolle hengelaars was Gustav Carstensen, Piet Groenewald, Sihan Toua, Melchi Botha, Heleen Lundt en Pieter Marais. 

Die aandfunksie het, soos gewoonlik, vrolik en gesellig verloop met egte ‘Sondagkos’, lekker geselskap en voetejeuk-musiek. “Opregte dank aan ons borge, Kuslangs Restaurant, Buitesteen Pub & Grill en Gansbaai Vismark, waarsonder ons kompetisies nie moontlik sal wees nie,” sê Elba. “Ons sien uit na volgende maand se hengelkompetisie.”

Hardus Botha

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles