Blog

Overberg Houtwerkgilde

Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus het in ‘n onlangse berig gemeld dat die Overberg Houtwerkgilde (voorheen die Overberg Houtwerk Assosiasie) ‘n geruime tyd ‘aan die stil kant’ was. Dit het net op die oog af so voorgekom, hulle was deurgaans aan die gang met die beoefening van hulle houtwerktalente.

Die houtwerkspan se byeenkomste behels ontspanning, uitbreiding van hul kennis, hulpverlening aan beginners en baie meer, asook professionele houtwerk waarmee hulle al onder andere na Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes uitgereik. Daar is deurgaans projekte in proses om ook in die gemeenskap aktief te wees.

Een van die projekte waarmee hulle tans besig is, is om na Elim Tehuis in Elim uit te reik, waar fisies- en liggaamlik gestremdes gehuisves word. “Ons beplan om die Tehuis te besoek om vas te stel wat die mees praktiese items is wat ons vir hulle kan vervaardig,” het De Wet Conradie van die klub gesê. Hulle het die moontlikheid van houtkarretjies en -vragmotortjies bespreek, of dalk eerder letters, syfers en legkaarte van hout. “Ons besoek aan hulle sal bepaal wat die beste sal wees,” het De Wet gesê. Tydens die Gans-Berg Nuus se besoek aan die gilde, het Hennie Prinsloo, voormalige voorsitter, ‘n demonstrasie van sy eie ‘uitvindsel’ op die skaafmasjien gelewer.

Die groep entoesiastiese lede vergader elke 1ste Donderdag van die maand by Progress Design van Hennie Prinsloo in die Industriële gebied, of soos die manne besluit. Belangstellendes kan die sekretaris, De Wet Conradie, by 082 826 4411 vir navrae gekontak word.

Hardus Botha

Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles