Blog

90ste vir Ouma Hettie Peterson

90ste vir Ouma Hettie Peterson

Gans-Berg Nuus / News

90ste vir Ouma Hettie Peterson

-Pearly Beach se langslewende inwoner-

Pearly Beach se langslewende inwoner, Ouma Hettie Peterson, het op Sondag, 5 Mei 2024 haar 90ste lewensmylpaal bereik. “Ek is nog op-en-wakker en oor 10 jaar kan jy oor my 100ste verjaarsdag ‘n berig plaas,” het ‘n opgewekte Hettie aan Gans-Berg Nuus gesê. Sy het drie seuns, waarvan een, Bertus, oorlede is. Die ander twee is Piet van Despatch en Wessel van George. Altwee was teenwoordig tydens ‘n gesellige verjaarsdag wat hulle vir haar op Saterdag, 4 Mei 2024 in die Pearly Beach Klub vir haar gereël - wat terdeë geniet is!

“Ek is die langslewende, permanente inwoner van Pearly Beach en dit is ná al hierdie jare steeds my geliefde plek waar ek graag wíl wees en nêrens anders nie,” vertel ‘n goed-versorgde Hettie. Sy is op 5 Mei 1934 gebore en verkeer steeds in goeie gesondheid. Met haar helder geheue onthou Hettie steeds al die fyner besonderhede van die verlede. 

Sy en haar eggenoot, wyle Piet, het ‘n eiendomsadvertensie in ‘n Sondagkoerant gesien. “Toe ons besluit om in Pearly Beach te kom aftree, moes ons eers die ontwikkelaar skakel om uit te vind waar ons ‘beloofde land’ is,” vertel sy. “Ons het die ongerepte stukkie aarde besoek en besluit om die destydse veearts van Onderstepoort, dr Steyn, se huis te koop.” Sy vertel daar was drie huise waarvan hulle kon kies om te koop en hulle en hul kinders was die 13de huisgesin wat hulle permanent in Pearly Beach gevestig het. Die egpaar het op 2 Desember 1981 by die huis, wat hulle vir R32,000 gekoop het, ingetrek. “Eers in 1984 het elektrisiteit vernuwing gebring,” vertel sy.

Hettie het diep spore in Pearly Beach getrap. Onder andere was sy die eerste Eiendomsagent in Pearly Beach, nadat sy haar eiendomseksamen in 1988 afgelê het. Aanvanklik was sy deel van Eurika Eiendomme in Hermanus, maar het later haar eie agentskap, Hettie Peterson Eiendomme in Pearly Beach gestig. Sy vertel van enkele interessante transaksies wat sy hanteer het: drie erwe in Franskraal is vir R12,000 elk aan Jacob de Villiers verkoop; erwe is aan die destydse burgemeester, Willie Swart teen R8,000 elk verkoop; nog ‘n bekende, wyle Petrus du Preez, self ‘n destydse eiendomsagent in Pearly Beach, het sy eerste erf by Hettie gekoop.

Saam met Annette Kruger, Hannie Puren en Louise Davidson het Hettie die eerste Bybelstudie-groep in Pearly Beach begin en later jare nog een in Gansbaai. “Dr Christo Barnard, ds Leon du Toit en Deon Gresse was van die eerste lede,” vertel sy. Sedert 1982 was Hettie en wyle Piet ook kranige rolbalspelers. Later het sy ‘n erelid van Franskraal Rolbalklub geword. Nou-ja, soos Hettie gesê het, nog wag sy vir haar 100ste verjaarsdag!

Hardus Botha

90ste vir Ouma Hettie Peterson

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Tagtig jaar se NGK-geskiedenis

Tagtig jaar se NGK-geskiedenis

As deel van die Gans-Berg Nuus se geskiedenisblaaie, soos die ‘Dolosverhaal’ en die ‘Boet van Nette’, is ook die 80-jarige bestaan van die Gansbaai NG-gemeente...

Gans-Berg Nuus / News
Whale Coast Events: 15 - 19 January 2025

Whale Coast Events: 15 - 19 January 2025

Discover top events on the Whale Coast from 15–19 January 2025, including markets, concerts, movies, and family activities!

Join the Seeff Walker Bay Team!

Join the Seeff Walker Bay Team!

Seeff Walker Bay is looking for a motivated and professional individual to join our team as a Property Practitioner in the Gansbaai area.

Join the Seeff Walker Bay Team!

Join the Seeff Walker Bay Team!

Seeff Walker Bay is looking for a motivated and professional individual to join our team as a Property Practitioner in the Gansbaai area.

New Fish Tank Background

New Fish Tank Background

Transform your fish tank with our stunning new fish tank backgrounds!

The Pet Grocer
Membership Update

Membership Update

Starting February 2025, our monthly fee will increase by 10%. 

Boss Fit
See All Articles