Blog

Pragtige Skenkings vir Baadjies-aan-Bome

Pragtige Skenkings vir Baadjies-aan-Bome

Gans-Berg Nuus / News

Pragtige Skenkings vir Baadjies-aan-Bome

Gans-Berg Nuus se Baadjies-aan-Bome projek op Saterdag, 25 Mei 2024 kan as ‘n enorme sukses beskryf word. Die projek, in samewerking met Gansbaai Toerisme, het die groot boom by die Farmer’s Market soos ‘n ‘klerekas’ laat lyk. Gansbaaiers se harte was oop en selfs nuwe klere, waarvan die prysetikette van sommiges nog aan was, is geskenk.

Michelle van Zyl (eienaar/redakteur) en Alethea Baytopp van die Gans-Berg Nuus was sommer vroegoggend al by die boom, met Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, wat hulle ondersteun het. Hangers is inderhaas bekom en toue is in die boom gespan, waarna Michelle en Alethea die kledingstukke opgehang het - hordes daarvan!

‘Wintertyd is Baadjies-aan-Bome tyd’, wat ‘n landswye projek is om baadjies vir behoeftiges op ‘n unieke wyse beskikbaar te stel - dit word aan ‘n boom gehang en kan daar afgehaal word - items wat broodnodig is vir die koue wat alreeds begin toeslaan het. In Engels staan die projek as “Free on a Tree” bekend. Die beweging het in 2018 begin toe Oliver Edwards van Tasmanie, Australië, as deel van ‘n skoolprojek, besluit het om hawelose mense te help - in Suid-Afrika het die projek onmiddelik vlamgevat.

“Ek is meer as tevrede met ons projek se resultate,” het Michelle gesê. “Die hoeveelheid baadjies, truie, komberse en ander winter-kledingstukke wat op hierdie wyse beskikbaar gestel is, het ‘n warm gevoel van satisfaksie meegebring - gedagtig aan die bedoeling van die projek en ons is dankbaar teenoor ons lesers en ander inwoners vir hulle onbaatsugtige bydraes.”

Hardus Botha

Pragtige Skenkings vir Baadjies-aan-Bome

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles