Fikse SAPD-Lede Deel in Goue Medaljes en Trofee

Fikse SAPD-Lede Deel in Goue Medaljes en Trofee

Gans-Berg Nuus / News

Fikse SAPD-Lede Deel in Goue Medaljes en Trofee

Vasbyt Stapkompetisie in Pretoria

Drie van ons omgewing se SAPD-lede het op 10 en 11 Mei 2024 aan die Tshwane Vasbyt Prospectus in die Kgosi Mampuru II Area, Pretoria, deelgeneem, wat ook die Wes-Kaapse Polisiediens verteenwoordig het. Die spanne waarin hulle opgedeel was, het Goue Medaljes en ‘n Trofee verower - ‘n pragtige prestasie! 

Adj.Off Riaan (Mossie) Mostert van Gansbaai SAPD was in die Mans Meestersspan ingedeel, wat Goue Medaljes en ‘n Trofee verower het. In die Veterane Damesspan was Linda Apolisi, ook van Gansbaai SAPD, asook Nonzukiso Mtuta van Stanford SAPD ingedeel, wat ook Goue Medaljes en ‘n Trofee verower het.

Die Vasbyt Vereniging van Suid-Afrika, met Collin Netshiongolwe as President, het die Vasbyt Stapkompetisie tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Korrektiewe Diens en Weermag aangebied - dus was dit strawwe kompetisie. Die vasbytstap strek oor 2 dae en die afstand is 75km. Daar is verskillende kategorieë, wat onder andere deur ouderdom en dies meer bepaal word. Vir elke kategorie is daar spanne met 6 lede elk wat deelneem.

Baie geluk aan die drie SAPD-lede vanuit ons omgewing wat deel van die spanne met Goue Medaljes en ‘n Trofee was - Gans-Berg Nuus se lesers en gemeenskapslede is trots op julle.
Hardus Botha

Foto 1:
Mans Meestersspan: Wouter van der Berg, Thirash Gokul, Hilton Draghoender, Murray de Kock, Riaan (Mossie) Mostert (Gansbaai) en Mondray Parsraman.

Foto 2:
Die Veterane Damesspan: Voor - Nonzukiso Mtuta (Stanford). Agter - Linda Apolisi (Gansbaai), Fredelyn Freeman, Pearl Engel, Karen Baardmanen Deboniso Cupido.

Fikse SAPD-Lede Deel in Goue Medaljes en Trofee

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles