Gansbaaier in ‘Prinses’ Omskep

Gansbaaier in ‘Prinses’ Omskep

Gans-Berg Nuus / News

Image

Gansbaaier in ‘Prinses’ Omskep

Die bekende Hannon Bothma, mede-eienaar van die HANNON-handelsmerk, is ‘n huishoudelike naam wat skoonheid vir vroue betref. Een van sy gesegdes is: “Ek omskep enige vrou binne minute in ‘n pragtige prinses!” - en dit is presies wat hy op Saterdag, 13 Julie 2024 in Hermanus Apteek met een van ons Gansbaai-vroue, Magda Swart van Franskraal, gedoen het. 

Magda en haar eggenoot, Hennie, is Saterdag op uitnodiging na Hermanus Apteek, waar sy onder die bekwame hande van Hannon ‘deurgeloop’ het. “Hy was baie opgewonde toe ons ‘n foto van Magda van 25 jaar gelede aan hom wys,” vertel Hennie. “Dit was in Seepunt waar Hannon ook vir Magda ‘oorgedoen’ het.” Hennie vertel met die tong in die kies dat hy destyds ‘n tyd lank gestaan en kyk het hoe Hannon met sy vrou doenig is, en toe buite gaan rondstap het. “Ek het later gewonder hoe lank nog, en weer nadergestap,” vertel hy. “Ek het verby Magda gestap om na haar te soek, sonder om te besef dit is sy, maar het haar werklik nie herken nie!”

Saterdag was weer so ‘n belewenis vir Magda, met Hannon wat, soos altyd, deeglik gewys het waartoe hy in staat is. Dit was nie hoelank nie, en Magda stap as ‘n ‘nuwe’ vrou by die apteek uit. Dit was ‘n gesellige weersiens vir die Swart-egpaar en Hannon - na 25 jaar. “Op die video wat ek nou van hulle geneem het, het Magda so aanhoudend gepraat dat ek byna nie kon glo Hannon kon iets met haar regkry nie,” het Hennie skertsend gesê. Nou-ja, Magda, ouderdom speel nie meer so ‘n groot rol as iemand soos Hannon Bothma jou ‘beetkry’ nie, of hoe?!

Hardus Botha

Gansbaaier in ‘Prinses’ Omskep

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

How Fear-Based Thinking Is Holding Your Business Back

How Fear-Based Thinking Is Holding Your Business Back

What if the real crisis is not your economy…

Inspiring Young Leaders Through Sport

Inspiring Young Leaders Through Sport

The Premier Skills International Enterprise Programme kicked off last week within our sports programme with a field trip to the admin office...

Grootbos Foundation
Protect Your Property from Coastal Moisture

Protect Your Property from Coastal Moisture

Living in a coastal town like Gansbaai offers incredible views and fresh sea air, but it also exposes homes and buildings to high levels of moisture...

Gansbaai Build it Plus
SUPERBLOOM SEASON SPECIAL

SUPERBLOOM SEASON SPECIAL

Witness a spectacular once-in-two-decades fynbos revival.

Grootbos Foundation Welcomes New Team Members

Grootbos Foundation Welcomes New Team Members

Meet the newest members of our team.

Grootbos Foundation
See All Articles