Geliefde Voormalige Skoolhoof van Gansbaai Academia Oorlede

Geliefde Voormalige Skoolhoof van Gansbaai Academia Oorlede

Gans-Berg Nuus / News

Image

Geliefde Voormalige Skoolhoof van Gansbaai Academia Oorlede

-Tommy Wilson, Gansbaai Academia-

“Extendere alas vestri - Sprei jou vlerke”, is Gansbaai Academia se leuse, met wyle Tommy Wilson, voormalige skoolhoof, se persoonlike sê-ding wat bykom: “This is a school of opportunities!” ‘Sedert 2010 is ‘wondere’ by Gansbaai Academia deur Tommy verrig’, is deur baie mense bevestig. Tommy is op 30 Julie 2024 in die ouderdom van 66 jaar oorlede. ‘n Gedenkdiens is op 6 Augustus 2024 by Gansbaai Academia gehou.

Tommy is op 6 Julie 1958 in Worcester gebore, waar hy ook die grootste deel van sy kinderjare deurgebring het. Op 14 Desember 1985 tree hy met Julia (née le Roux), ook van Worcester, in die huwelik - die egpaar het een seun, Woodrow. Tommy het die grade B.A en B.Ed deur Unisa verwerf, waarna hy later ook ‘n Onderwysdiploma by die Ontwikkelingskollege van Suid-Kaapland op Oudtshoorn verwerf en nog later ‘n Gevorderde Onderwyssertifikaat by die Universiteit van Kaapstad. Gansbaai Academia is op 22 Februarie 2010 onder leiding van ‘n waarnemende skoolhoof amptelik geopen - op 1 Julie 2010 het Tommy as permanente skoolhoof die leisels oorgeneem.

Traumatiese terugslae

Gedurende sy tydperk van ‘n dekade by Gansbaai Academia, het Tommy enkele traumatiese terugslae beleef: In Julie 2013 het hy ‘n ligte hartaanval oorleef en volkome daarvan herstel. Op 29 September 2019 is hy en Julia, ook ‘n geliefde onderwyser van Gansbaai Academia, in ‘n ernstige motorongeluk tussen Villiersdorp en Worcester betrokke - Julia is op slag dood en Tommy is ernstig beseer. Kort ná die ongeluk kry Tommy ‘n beroerte-aanval wat verlamming in sy linkerbeen en -arm veroorsaak het en hy moes daarna van ‘n rolstoel gebruik maak. Op 7 Februarie 2020 hervat die vasberade en doelgerigde Tommy egter weer sy pligte as skoolhoof, al was dit in ‘n rolstoel.

“Ek het nog altyd gesê Gansbaai Academia is vir my ’n reis, maar my reis het nou tot ’n einde gekom,” het Tommy tydens sy uitdienstredings-funksie gesê, met sy laaste werksdag op 31 Julie 2020. “Gansbaai Academia was en sal altyd 'n baken van hoop in Gansbaai bly.”...en wat van hoogtepunte vir hom? “Om eerlik te wees, die hele dekade was vir my met hoogtepunte gevul!”

Hardus Botha

Foto: Tommy en Julia Wilson in gelukkiger dae (2013).

Geliefde Voormalige Skoolhoof van Gansbaai Academia Oorlede

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles