Blog

Drie SAPD-Offisiere Tree Af Op Dieselfde Dag

Drie SAPD-Offisiere Tree Af Op Dieselfde Dag

Gans-Berg Nuus / News

Drie SAPD-Offisiere Tree Af Op Dieselfde Dag

Drie van Gansbaai SAPD se offisiere het op 31 Julie 2024 hul laaste werksdag by die polisiestasie gewerk: Kaptein Danie Rautenbach, Kaptein Piet Franse en Adjudant-Offisier George Hayes. ‘n Gesellige afskeidsfunksie is by die Great White House vir hulle gereël. Die Gans-Berg Nuus wens al drie offisiere alle sterkte toe met hul toekomsplanne.

Kapt Danie Rautenbach

Danie het ‘n plasie naby Riversdal gekoop - hy het nog altyd gedroom van sy eie plasie. “Ek gaan rondawels vir toeriste op die rivierwal bou en verder na ‘n paar skapies omsien,” vertel hy met ‘n glimlag. Danie is met Hanriette getroud en het ‘n seun, Danie (Jnr) en ‘n dogter, Christa. Op sy tyd was Danie ‘n bekende stoeier en stoei-afrigter, met medaljes en toekennings ‘vir Afrika’, asook Nasionale medaljes.

In 1986 begin hy as SAPD-student by Elsiesrivier aan, daarna is hy vir 6 maande na die Pretoria Kollege. Danie se loopbaan: Rondebosch Wageenheid by Ministers; Goodwood SAPD Speurtak; Georganiseerde Misdaad Eenheid in Kaapstad; Gansbaai Unieform Bevelvoerder; Gansbaai Speurtak se bevelvoerder (2005-2024).

Francois de Jongh, welbekende voormalige Gansbaaier, het die volgende stemboodskap vanuit Sedgefield aan die Gans-Berg Nuus gestuur: “Vir my was Danie ‘n gemeenskapper met intregriteit en ‘n bo-baas speurder bevelvoerder wat moeilike moordsake en sindikate in die Overberg en Overstrand ondersoek en opgelos het. As joernalis het ek hom vir bykans twee dekades goed leer ken en hom deurgaans vir sy deeglike ondersoekwerk gerespekteer, asook as ‘n gesinsman wat hy by uitstek is.”

Kapt Piet Franse

Piet het op 1 Desember 2018 by Gansbaai SAP as Misdaadvoorkomingshoof begin. Na skool doen hy 2 jaar diensplig in die weermag te Eerste Rivier. Sy SAPD-loopbaan begin in 1988 as ‘n student in Ceres, waarna Elim en Genadendal (1992) volg, waar hy vir 10 jaar werk. Hy dien as Sateliet-stasiebevelvoerder in die Koue Bokkeveld vir 10 jaar. In 2023 keer hy Genadendal terug en nadat hy na Kaptein bevorder is, word hy na Gansbaai oorgeplaas. Piet is met Muriel getroud en het 2 dogters van 13 en 22 jaar.

Adj.Off George Hayes

George begin sy loopbaan in die SAPD op 29 Desember 1982, maar in Maart 1989 skakel hy na Walvisbaai Munisipaliteit oor. Op 1 Desember 1991 sluit George weer by die SAPD aan waar hy tot 31 Julie 2024 werksaam is. 

In kort dien George as Klerk Gr 1, Magasynmeester, Aankoper, Ondersoekbeampte, Groepleier van verskeie kursusse, Werkswinkels en indiens-opleidings. Hy ontvang ook enkele toekennings gedurende sy dienstermyn. George is getroud met Letitia.

(Die foto’s is tydens ‘n afskeidsete vir die 3 offisiere in die Great White House is deur Janine Taylor geneem)

Hardus Botha

Drie SAPD-Offisiere Tree Af Op Dieselfde Dag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles