Blog

Verdagtes Vasgetrek vir Perlemoen, Kreef en Motordiefstal

Verdagtes Vasgetrek vir Perlemoen, Kreef en Motordiefstal

Gans-Berg Nuus / News

Verdagtes Vasgetrek vir Perlemoen, Kreef en Motordiefstal

Gedurende die eerste naweek van September 2024 het die Overstrand Munisipaliteit se Wetstoepassers se georganiseerde en oplettende patrollies gelei tot verskeie inhegtenisnames vir die onwettige besit van kreef en perlemoen in die hele streek. Die week se suksesse het begin met 'n operasie op die R43 naby Honingklip. Die Rapid Response Unit het ‘n verdagte in hegtenis geneem, nadat daar 466 volledige Weskus Rock Lobsters (WCRL), 2 012 kreefsterte en 221 kreefsterte met eiers in sy voertuig gevind is. Die stop-en-deursoek van voertuie was deel van voortgesette misdaadvoorkomings- en padpolisiëringsoperasies. ‘n 41-jarige man van Mitchell's Plain word van die onwettige besit en vervoer van 'n buitensporige hoeveelheid kreefsterte aangekla. Die wettige hoeveelheid kreef per individu is slegs vier krewe per permit. In Gansbaai het 'n Wetstoepasser 'n verdagte met 74 alikreukels en een ondermaat-perlemoen in hegtenis geneem. Verder langs die kus het die Taakspan 'n man van Kleinmond met 25 perlemoene en 11 alikreukels in inkopiesakke, in hegtenis geneem. Die Taakspan het Sondag op 3 277 onwettige perlemoen en 'n silwer BMW op die R43 naby Misty Mountains beslag gelê. 'n 33-jarige man van Gansbaai is in hegtenis geneem en aan die Stanford-polisie oorhandig.

Die tweede groot vonds is langs die N2 naby Langhoogte gevind toe 'n Provinsiale Verkeersbeampte hulp versoek het om 'n verdagte voertuig voor te keer. Nadat hulle die silwer Toyota Etios met 'n CY-registrasienommer deursoek het, het beamptes van die Taakspan 17 deurskynende sakke met 2 466 perlemoen ontdek, wat onder 'n swart plastiekseil versteek was. In 'n onverwante voorval was die Grondinvalseenheid, wat deel is van die Taakspan, besig om 'n onwettige struktuur in Masakhane, Gansbaai te sloop, toe hulle 697 onwettige perlemoen verlate in die struktuur aangetref het. Nog 'n positiewe verwikkeling het gekom toe 'n gesteelde voertuig teruggevind is en 'n verdagte in hegtenis geneem is. Die Overstrand Munisipaliteit se K9-eenheid het op inligting gereageer en daarin geslaag om die voertuig, wat in Bishop Lavis gesteel is, op te spoor. Die voertuig is aan die Hermanus-polisie oorhandig.

Uitgereik deur Overstrand Munisipaliteit

Verdagtes Vasgetrek vir Perlemoen, Kreef en Motordiefstal

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles