Blog

Pienk Rolbaldag vir Borskanker

Pienk Rolbaldag vir Borskanker

Gans-Berg Nuus / News

Pienk Rolbaldag vir Borskanker

Franskraal Rolbalklub se bane het op Saterdag, 5 Oktober 2024 gewemel van rolbalspelers geklee in pienk - alles ten bate van Borskankermaand. Dit was die jaarlikse Hermanus Franskraal Reach for Recovery (R4R) Rolbaldag ten bate van Borskanker. 12 rolbalspanne met 36 rolbalspelers het deelgeneem - pluimpie vir Franskraal Rolbalklub! Met hierdie kompetisie gaan dit nie primêr oor wen of verloor nie, maar vir R4R is dit ‘n wen met die aansienlike bedrag wat ingesamel is en aan R4R oorhandig is.

R4R-vrywilligers, Annaleen Genade en Antoinette Jooste, was teenwoordig en het die geleentheid gehad om die deelnemers op nuut in te lig oor hoe R4R borskankerpasiënte ondersteun kan word, asook inligting oor wat die Ditto Projek behels. “Die dag was 'n groot sukses en Gielie Genade het R4R as een van die deelnemers tydens die kompetisie verteenwoordig,” vertel Annaleen. “Elke deelnemer het 'n pragtige kolwyntjie, ‘n geverfde mosseldop, geverf deur Karin Nel, 'n pienk lintsleutelring, borsgesondheids-inligtingspamflet en 'n boekmerk ontvang.” R4R het ook vir 'n pragtige uitstalling gesorg om die R4R-versorgingsak, silikoonprostese en al die promosie-items wat te koop is, bekendgestel wat aangewend word om fondse vir hulle tak te genereer.

Die deelnemers het nie net geskenkies ontvang nie, maar is ook met 'n pragtige Sertifikaat van Waardering deur die R4R Nasionale Kantoor vereer - die sertifikaat is deur Annaleen en Antoinette aan die Rolbalpresident, Lani Swart, oorhandig. Die sertifikaat verwys na die rolbalklub se betrokkenheid sedert 2013, uitgesluit die Covid-tydperk. Twee gelukkige rolbalspelers, Johan Wiese en Altus le Roux, het die Wielspin-pryse gewen. 

Hardus Botha

Pienk Rolbaldag vir Borskanker

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles