Seagulls só dankbaar

Seagulls só dankbaar

Gans-Berg Nuus / News

Image

Seagulls só dankbaar

Seagulls Netbalspan onder leiding van Sylvia Jacobs het Gans-Berg Nuus laat weet dat hulle opreg dankbaar is vir al die borgskappe, donasies, waterbottels tydens wedstryde en baie meer wat hulle gereeld ontvang. “Dit is nie moontlik om name te noem nie, daar is so baie en ek is bang ek vergeet een,” het Sylvia gesê. “Almal weet wie hulle is en op watter wyse hulle ons ondersteun het - net een spesiale dankie aan mnr Corki vir wat hy vir ons gedoen het. Ons dank gaan ook aan ons Hemelse Vader vir sy bekermende hand oor ons.”

Silvia vra vir beter ondersteuning deur gemeenskapslede - sy verwys na Heidelberg waar die gemeenskap groot ondersteuners is en van ver af kom om hulle spanne te ondersteun. “Ons word nie regtig deur ons gemeenskapslede ondersteun nie,” sê Silvia. “Daarom doen ons ‘n beroep op ons gemeenskap vir ondersteuning langs die bane, maar veral ook wanneer ons met lootjielyste rondloop.” 

“Ons nooi graag netbal-belangstellendes vanuit alle gemeenskappe in Groter Gansbaai om by ons aan te sluit,” het Sylvia gesê. “Ons bestaan nie nét uit Blompark-inwoners nie, almal is welkom.” Vir navrae oor die Seagulls Netbalspan kan Sylvia Jacobs by 072 413 6861 geskakel word.

Hardus Botha

Seagulls só dankbaar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles