Blog

Perlemoenbaai Borskankerstap

Perlemoenbaai Borskankerstap

Gans-Berg Nuus / News

Perlemoenbaai Borskankerstap

‘n Gesellige Borskankerstap met Oktober as Borskankermaand, is in Perlemoenbaai deur Elsa Nimb gereël. Die groep het by Stanford’s Cove begin stap en sowat 2.3km tot by Elsa se huis gestap - die stappers het pienk uitrustings gedra. Hulle het terselfdertyd na ‘n kanker-bewusmakingspraatjie geluister. “Die doel van die stap was om opnuut bewusmaking vir Borskanker te skep, maar ook om ons donasie aan Hospice vir hul wonderlike werk te skenk,” het Elsa gesê.

“Ons stap was heerlik en gesellig en almal het dit terdeë geniet,” vertel Elsa. “Ons het ook besluit om die volgende naweek in Die Strand te gaan stap en beplan ook om ons staptog ‘n jaarlikse instelling te maak.”

Daar was ‘n prys vir die “Best Dressed”, maar die aanvanklike wenner het haar prys teruggegee - Annaleen Genade was toe die gelukkige persoon om dit te ontvang. Interessante gesprekke oor die belangrikheid van gesonde eetgewoontes en gewigsverlies is ook gevoer. “Dit was ‘n wonderlike ervaring gewees, maar die beste vir my is die nuwe vriendskapsbande wat gesmee is,” het Elsa gesê. Belangstellendes in hulle volgende staptogte kan vir Elsa by 082 575 9008 kontak.

Hardus Botha

Perlemoenbaai Borskankerstap

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

CAREER FAIR BUILT-UP SESSIONS ACROSS OVERSTRAND

CAREER FAIR BUILT-UP SESSIONS ACROSS OVERSTRAND

The Department of Employment & Labour and Overstrand Municipality are planning a Jobs/Career Fair and Exhibition.

Revolution Chapter 9 - The Housing Drive: Building Dignity

Revolution Chapter 9 - The Housing Drive: Building Dignity

By the third anniversary of the September Revolution, the Council's achievements in restoring governance, stabilising the economy, and revitalising eduction had begun to bear fruit. Yet, as Harvey Jacobs repeatedly emphasised, "a nation cann...

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Sport Updates

Sport Updates

This week, Grootbos coaches have assisted at local schools inter-house athletics days.

Grootbos Foundation
Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai se jaarlikse kleuresport-atletiekbyeenkoms is op 22 en 23 Januarie 2026 aangebied.

Laerskool Gansbaai
Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.

Laerskool Gansbaai
See All Articles