Gansbaai Posduifklub - Resultate vir 2024 Wedvlug Seisoen

Gansbaai Posduifklub - Resultate vir 2024 Wedvlug Seisoen

Gans-Berg Nuus / News

image left

Gansbaai Posduifklub - Resultate vir 2024 Wedvlug Seisoen

Wat ‘n moeilike jaar vir die duiweboere was dit nie? Die weersomstandighede het alles behalwe saamgespeel, met reën, stormsterkte winde en mis wat aan die orde van die dag was. Desondanks het die duiweboere hul staal gewys.

Met die bekendmaking van die finale uitslae, is Gansbaai Posduifklub eerste in die Overberg Posduif Unie. Nie net is daar 5 Gansbaai duiweboere onder die Top Tien nie, maar die Algehele Kampioen in altwee klubs is ook van Gansbaai - Louis Groenewald. Hy het van die begin af met ‘n enorme puntetelling voorgeloop - Louis het Gansbaai ‘lekker gemaak’.

Gansbaai Posduifklub se jaareind-uitslae is soos volg:

Louis Groenewald 1ste; Senior Germishuys Hokke 2de; J & J Swart 3de; Fourie Lofts 4de; C & R Kruger 5de; Human Lofts 6de; Seun du Bruyn 7de; Norman Senior Stevens 8ste.

Die Top Tien Kampioene in die Overberg Posduif Unie is:

Louis Groenewald 1ste (Gansbaai); J & J Swart 2de (Gansbaai); Senior Germishuys Hokke 3de (Gansbaai); W & M Smith 4de (Caledon); B Groenewald 5de (Bredasdorp); G Daniels 6de (Caledon); J Rickett 7de (Grabouw); A Little 8ste (Caledon); Fourie Lofts 9de (Gansbaai); C & R Kruger 19de (Gansbaai).

Baie geluk aan hierdie Top Tien duiweboere en boerinne, julle het baie goed gevaar tydens ‘n baie moeilike Wedvlugseisoen - hoede af vir julle!

Die Kortpad Kampioen én die Middelpad Kampioen is Louis Groenewald (Gansbaai); die Langpad Kampioen is G Daniels (Caledon). Baie geluk aan hierdie twee duiweboere met hul prestasies.

Al Wat nou vir die Gansbaai Posduifklub, asook die Overberg Posduif Unie oorbly, is hulle Jaareindfunksies waaroor later gesels sal word.

Groete,

André Vorster 072 248 8818

Gansbaai Posduifklub - Resultate vir 2024 Wedvlug Seisoen

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles