Blog

Porseleinpop ‘Koningin’

Porseleinpop ‘Koningin’

Gans-Berg Nuus / News

Porseleinpop ‘Koningin’

Al gehoor van ‘n Porseleinpop ‘Koningin’? Mada Vorster van Franskraal verdien beslis hierdie ‘titel’. Sy word beskou as die eerste persoon in Afrika wat die Top-toekenning, die Millie-Award, in 1996 vir die maak van porseleinpoppe ontvang het. Die poppe moet 90+% tydens beoordeling kry - met Mada wat spog met bykans 100% - en dit moet presiese replika’s van die 1800’s se poppe wees. Die uitrustings maak sy ook self, ingesluit egte kousies, leerskoentjies, ensovoorts soos in die 1800’s. Mada en haar eggenote, Paul, het onlangs vanaf Pietersburg, Limpopo Provinsie, na Franskraal verhuis.

Tans maak Mada nie meer porseleinpoppe nie, maar toe sy in 1992 met die maak daarvan begin het, het dit ‘n absolute passie in haar lewe geword. Sy is ‘n lid van die Dol Artison Guild in Amerika en het een van hulle kursusse in Switserland deurloop en twee in Suid-Afrika. Die aanbieder in Suid-Afrika het vanaf oorsee hierheen gekom om die gespesialeerde kursusse aan te bied - die kursusse is verpligtend vir deelname aan kompetisies. Sowat 25 groot porseleinpoppe (hoofsaaklik Franse replikas), asook baie kleiner poppe (Duitse replikas), word in groot vertoonkaste in haar huis uitgestal - vanuit die 1800’s.

Mada vertel dat baie mense in Suid-Afrika gewone porseleinpoppe maak, maar nie veel wat hierdie tipe eksklusiewe poppe maak nie. “Ek het ook al heelwat kursusse in hierdie verband aangebied,” sê sy. Mada werk sowat ‘n jaar aan een pop, want dit gaan nie net oor die maak daarvan nie - ‘n bepaalde tegniek moet gevolg word om by ‘n eksakte replika van die poppe uit te kom. “Die meeste porseleinpoppe is destyds in Frankryk en Duitsland gemaak,” vertel sy. “Veral in Frankryk was dit vir rykmanskinders bedoel en het selfs versamelaarsitems geword - onbekostigbaar duur, met mode-ontwerpers wat vir die uitrustings ingekontrakteer is. Dié wat in Duitsland gemaak is, was meer bekostigbaar.

Mada giet self die gesiggies en, waar van toepassing, die arms, hande en bene. “Dit is groot en akkurate werk wat gedoen moet word om aan kompetisie-reëls te voldoen,” vertel sy. “Die gesiggies kry byvoorbeeld tot ses lae verf voor dit gereed is vir ‘inkleur’, dan praat ek nie eens van die lippies wat soms tot drie of meer keer gedoen moet word nie.” Mada is ‘n vrou van vele talente - “miskien omdat ek ‘n huishoudkunde-onderwyser was wat alles as ‘n uitdaging aanvaar!” Onder andere is daar naaldwerk; eksklusiewe lint-borduurwerk; hekel; kook; tuinmaak en -uitleg; eksklusiewe seep; liefdadigheidswerk - mens wonder of daar iets is wat sy nie kan doen. “My ‘probleem’ is, wanneer ek ‘n projek aanpak, gaan ek groot en voluit daarvoor en ek hou nie op alvorens ek dit suksesvol kan bemeester nie!”

Hardus Botha

Porseleinpop ‘Koningin’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles