Blog

Ons Jeug, Ons Trots

Ons Jeug, Ons Trots

Gans-Berg Nuus / News

Ons Jeug, Ons Trots

Ons Jeug kán nog ware, ‘skoon’ Jeug wees, ondanks vele probleme daar buite. Dit is op Sondag, 17 November 2024 tydens die Jeugkersangdiens in die Pretoriussaal bewys is. Jeugtalente, waarop Groter Gansbaai trots kan wees, ingesluit pragtige dissipline wat gehandhaaf is, was aan die orde van die dag. Meer nog, kleuters en kinders vanuit verskeie denominasies en agtergronde het deelgeneem - die een groep so goed soos die ander groep, telkens met oorverdowende applous.

Aan die spits van sake was Asanti Smit met ‘n lewendige en vlot program tot groot vermaak en genot vir die gaste. Asanti se bekende Poco Musica-studente, wat al wenners by verskeie Eisteddfod-kompetisies met ‘n groot verkeidenheid van items was, het hul uitstekend van hul taak gekwyt: samesang, Con Grazia ballet, slag-orkes, klavierspel, solo-sang, voorlesings en nog meer. Die volgende jongelinge verdien applous (alfabeties): Ariëlle, Armand, Dirk, Eben, Elizmari, Gretchen, Jan-Dawid, Kai, Leo, Liahné, Liëtte, Mia, Ninke, Skye, Stiaan, Talita en Vera. Verdere prag-bydraes was deur die kleuters van Fielavlooi en BizzyBodyz, asook die skoolkore van Laerskool Gansbaai en Gansbaai Primêr.

Die hoof-begeleiers was Asanti Smit (klavier/sang), Annatjie Smit (klavier/sang), Jakkie Liebenberg (kitaar/sang) en Anthia de Villiers (sang) - en hulle verdien ook ‘n groot pluimpie. Annatjie Smit het vir hoë gehalte klavierspel tussendeur gesorg. Dan, so stil-stil en ongesiens in die agtergrond: ds Hanri Joubert en Hilda O’Connell wat in beheer van die klank en projektor was - daarsonder is ‘n aand soos dié nie moontlik is nie.

Die aand is afgesluit met die hartlike sing van Soli Deo Gloria (Aan God al die eer) en daarna met Kersmusiek, Gloria, gloria. Maar so ‘n aand kan nie sonder ‘n besoek deur Kersvader finaal afgerond word nie - en hy was daar, met sy wit baard, rooi Kersvaderpak en.....lekkergoedpakkies! Iemand het die aand soos volg opgesom: “Dit was ‘n ‘geestelike feestelikheid’, maar ook ‘n ‘feestelike geestelikheid’!”

Hardus Botha

Ons Jeug, Ons Trots

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles