Blog

Ons Jeug, Ons Trots

Ons Jeug, Ons Trots

Gans-Berg Nuus / News

Ons Jeug, Ons Trots

Ons Jeug kán nog ware, ‘skoon’ Jeug wees, ondanks vele probleme daar buite. Dit is op Sondag, 17 November 2024 tydens die Jeugkersangdiens in die Pretoriussaal bewys is. Jeugtalente, waarop Groter Gansbaai trots kan wees, ingesluit pragtige dissipline wat gehandhaaf is, was aan die orde van die dag. Meer nog, kleuters en kinders vanuit verskeie denominasies en agtergronde het deelgeneem - die een groep so goed soos die ander groep, telkens met oorverdowende applous.

Aan die spits van sake was Asanti Smit met ‘n lewendige en vlot program tot groot vermaak en genot vir die gaste. Asanti se bekende Poco Musica-studente, wat al wenners by verskeie Eisteddfod-kompetisies met ‘n groot verkeidenheid van items was, het hul uitstekend van hul taak gekwyt: samesang, Con Grazia ballet, slag-orkes, klavierspel, solo-sang, voorlesings en nog meer. Die volgende jongelinge verdien applous (alfabeties): Ariëlle, Armand, Dirk, Eben, Elizmari, Gretchen, Jan-Dawid, Kai, Leo, Liahné, Liëtte, Mia, Ninke, Skye, Stiaan, Talita en Vera. Verdere prag-bydraes was deur die kleuters van Fielavlooi en BizzyBodyz, asook die skoolkore van Laerskool Gansbaai en Gansbaai Primêr.

Die hoof-begeleiers was Asanti Smit (klavier/sang), Annatjie Smit (klavier/sang), Jakkie Liebenberg (kitaar/sang) en Anthia de Villiers (sang) - en hulle verdien ook ‘n groot pluimpie. Annatjie Smit het vir hoë gehalte klavierspel tussendeur gesorg. Dan, so stil-stil en ongesiens in die agtergrond: ds Hanri Joubert en Hilda O’Connell wat in beheer van die klank en projektor was - daarsonder is ‘n aand soos dié nie moontlik is nie.

Die aand is afgesluit met die hartlike sing van Soli Deo Gloria (Aan God al die eer) en daarna met Kersmusiek, Gloria, gloria. Maar so ‘n aand kan nie sonder ‘n besoek deur Kersvader finaal afgerond word nie - en hy was daar, met sy wit baard, rooi Kersvaderpak en.....lekkergoedpakkies! Iemand het die aand soos volg opgesom: “Dit was ‘n ‘geestelike feestelikheid’, maar ook ‘n ‘feestelike geestelikheid’!”

Hardus Botha

Ons Jeug, Ons Trots

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

CAREER FAIR BUILT-UP SESSIONS ACROSS OVERSTRAND

CAREER FAIR BUILT-UP SESSIONS ACROSS OVERSTRAND

The Department of Employment & Labour and Overstrand Municipality are planning a Jobs/Career Fair and Exhibition.

Revolution Chapter 9 - The Housing Drive: Building Dignity

Revolution Chapter 9 - The Housing Drive: Building Dignity

By the third anniversary of the September Revolution, the Council's achievements in restoring governance, stabilising the economy, and revitalising eduction had begun to bear fruit. Yet, as Harvey Jacobs repeatedly emphasised, "a nation cann...

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Sport Updates

Sport Updates

This week, Grootbos coaches have assisted at local schools inter-house athletics days.

Grootbos Foundation
Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai se jaarlikse kleuresport-atletiekbyeenkoms is op 22 en 23 Januarie 2026 aangebied.

Laerskool Gansbaai
Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.

Laerskool Gansbaai
See All Articles