Perlemoensmokkelaar in Perlemoenbaai Vasgetrek

Perlemoensmokkelaar in Perlemoenbaai Vasgetrek

Gans-Berg Nuus / News

image left

 

Perlemoensmokkelaar in Perlemoenbaai Vasgetrek

‘n Man, met 46 onwettige perlemoene in sy besit, is Sondagaand, 24 November 2024 naby Middelkusweg, Perlemoenbaai deur Gansbaai SAPD-lede gearresteer. Lt.Kol Janse van Rensburg van Gansbaai SAPD het bevestig dat die man op Maandag, 25 November 2024 in die Hermanushof verskyn het vir die besit van onwettige perlemoen.

Die verdagte is deur Perlemoenbaai Buurtwag se moniteringstelsel opgetel as ‘n ‘ronddwaler’, min wetende dat hy in die besit van perlemoen was. Die primêre doel van buurtwagte is die bekamping van misdaad in die woonbuurte en hulle fokus op onbekende ‘ronddwalers’ in die woonbuurtes, met groot suksesse. Hulle fokus dus nie persy op perlemoensmokkelaars nie en wil ook nie daarby betrokke raak nie, het die Gans-Berg Nuus verneem. Die man wat gearresteer is, is dus aanvanklik bloot gesien as ‘n ‘ronddwaler’ wat nie daar gehoort het nie, die feit dat hy onwetige perlemoen in sy besit gehad het, was dus blote toeval.

Die volgende bedankings is op die buurtwag se groep vermeld: Gansbaai SAPD, Core- en Eagle Sekuriteitsdienste, Wetstoepassers, Computer Hut en die buurtwag se patrolliemanne - almal wat ‘n groot bydrae tot die beveiliging van Perlemoenbaai lewer.

Hardus Botha

Perlemoensmokkelaar in Perlemoenbaai Vasgetrek

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles