Blog

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

Gans-Berg Nuus / News

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1 van Jeanette Roux in Uilenkraalsmond - dit sal deur en deur die moeite werd wees en nader aan ‘n ‘Wit Kersfees’ as dít, kan mens nie kom nie.

Jeanette het buitengewone moeite met haar beplanning en voorbereiding gedoen. Die meeste van wat te sien is, het sy self vervaardig, maar op kleinskaal volgens die werklike beelde, geboue en besienswaardighede in Holland. Dan het sy ook heelparty items self in Holland gaan haal en hierheen gebring, selfs sneeu - van busse, motors, trokke, huise en, noem maar op, alles is volgens skaal vervaardig.

Foto’s kan nie Jeanette se ‘Lighuis’ in Uilenkraalsmond beskryf nie, ‘n persoonlike besoek is noodsaaklik - “mens raak skoon verlore om alles te besigtig,” het iemand gesê. Sy het ook self haar Kersboom gemaak en daar is onder ander ‘n houtvervaardigde slee met ‘n Kersvader waar foto’s teen ‘n donasie van R5 geneem kan word - en vergeet nie van die kompleet sneeu-ysskaatsbaan nie!

Vir ‘n ‘Wit Kersfees’ soos nog nooit gesien nie, gaan kyk gerus na Jeanette se ‘Lighuis’.

Hardus Botha

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles