Blog

Overberg Posduif Unie

Overberg Posduif Unie

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Posduif Unie

Louis kraai ook hier koning

Vanjaar was daar geen keer aan Louis Groenewald nie. Net soos tydens die Gansbaai Posduifklub se prysuitdelingsfunksie (Gans-Berg Nuus, 22 November 2024), het Louis ook tydens die Overberg Posduif Unie se prysuitdelingsfunksie op Saterdagaand, 30 November 2024 koning gekraai en met die grootste deel van die trofeë huiswaarts gekeer.

Willie Marais, voorsitter van Gansbaai Posduifklub, asook van Overberg Posduif Unie, het die verwelkoming hanteer. “Dit is ‘n groot jammerte dat so min mense vir hierdie pragtige funksie opgedaag het,” het hy gesê. ‘n Pragtige en gesellige funksie is gereël, met ‘steak’ vanuit die boonste rakke. Willie het Norman (Jnr) Stevens, wedstrydsekretaris, aan die woord gestel vir die uitlees van die wenners se name, met Jeanie Grobler wat die sertifikate en trofeë oorhandig het.

Louis Groenewald kon net sowel voor bly staan het: 1ste Algeheel 2024 Kampioen; Jong duif; Ope duif; Kortpad - Jong duif, Ope duif en Algeheel; Middelpad - Jong duif en Algeheel; 6 x Wedvlugte. Nog Gansbaaiers wat uitgeblink het, is Japie Swart van J & J Swart, Charl Kruger van C & R Kruger, Careen Fourie van Fourie Lofts en Germishuys Hokke.

Die Top 10 in die Overberg Posduif Unie, waarvan die helfte (5) Gansbaaiers is, is: 1ste Louis Groenewald (Gansbaai); 2de J & J Swart (Gansbaai); 3de Germishuys Hokke (Gansbaai); 4de W & M Smith; 5de B Groenewald; 6de G Daniels; 7de J Ricket; 8ste A Little; 9de Fourie Lofts (Gansbaai); 10de C & R Kruger (Gansbaai).

Hardus Botha

Overberg Posduif Unie

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News
Newsletter #5 Now Available - April 2026

Newsletter #5 Now Available - April 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) Newsletter #5 is out now!

Bring a Touch of Bali and the Sea Into Your Home

Bring a Touch of Bali and the Sea Into Your Home

At Koekeloer Gift Shop in Gansbaai, we’ve just restocked with beautiful treasures straight from Bali.

Stop Comparing Yourself to Others

Stop Comparing Yourself to Others

We’ve learned to measure ourselves…

Holiday Programme Fun at Grootbos Foundation

Holiday Programme Fun at Grootbos Foundation

Feelgood Friday update from Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Hands That Paint, Hearts That Build

Hands That Paint, Hearts That Build

Last week was a truly special week in the Beverly Hills community.

Sunshine Nation
See All Articles