Blog

Die ‘Boet van Visnette’

Die ‘Boet van Visnette’

Gans-Berg Nuus / News

Die ‘Boet van Visnette’

Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote se visnette in Gansbaai hawe, op skoolgronde en selfs op oop gedeeltes voor wonings, gade slaan. Hierdie bedrywighede staan bekend as die ‘boet van visnette’, wat vir die vang van anjovis en sardyn gebruik word. 

Die ‘boet van visnette’ beteken bloot die herstel van die visnette na ‘n jaar se gebruik op see. Spesiale breipenne is vroeër jare, voordat daar met meganisering begin is, gebruik om die visnette mee te brei of nette met groot ‘mase’ (gate) te herstel. Die ‘boet van visnette’ word deur die HAT as die “herstel en regmaak van visnette” beskryf.

Die ‘mas’ (vanuit die volksmond, maar eintlik gespel as ‘maas’) van visnette, het meer as een verklaring. Eerstens word verwys na ‘maas’ as “opening, ogie gevorm deur kruisdrade” en “ogie van fyn netwerk” - in Engels, “Twine”, dui ‘maas’ op die grootte van die gate in die visnette. Tweedens word ook gepraat van visse wat ‘ge-mas’ het. Dit is wanneer visse in die kuil van die nette moet inswem, maar dan in die net se mase (nie ‘masse’ nie) verstrengel raak. Dié visse word ‘stekers’ genoem - by Pelagiese vissers is hulle uiters onwelkom, aangesien dit 'n enorme ergenis is om die vis weer uit die nette te kry.

Ander tipe visnette wat gebruik word om aas (sardyn) mee te vang, staan weer bekend as ‘grootmas-nette’. Kortliks kom dit op die volgende neer: ‘Die boonste ry groot gate van die net word ‘ge-boet’ en dan ‘mas’ die bemanning die visnet, bedoelende hulle werk die verskillende bane aan mekaar vas’. Die interessante woord ‘seën’ word as “Seën (seëns) - visnet, zegen/seine” beskryf. ‘Seën’ is afgelei van ‘sein’ - om die ‘seën’ in te trek, beteken om die visnet met vis in te trek. Wanneer visnette gestel word om vis te ‘mas’, staan dit as ‘stelnette’ bekend. Dit is vroeër jare vir haaie, galjoene en harders gebruik, maar diè metode is lankal reeds verbode. Die woord ‘beurs’ (purse) word gebruik vir nette wat byna soos 'n beursie toetrek. Hierdie nette word vir die vang van anjovis en sardyn gebruik.

Die 7 Pelagiese Vissersbote wat tans in bedryf is (skippers in hakkies), is: Vleigans (Louis Groenewald); Berggans (Benito Groenewald); Rietgans 2 (JP Germishuys); Kolgans (Piet Otto); Stormgans (DP Fourie); Wildegans (Ian Wessels); Wafra (Peter Mannie Groenewald).

Die Gansbaai Pelagiese Vissersbedryf roep jaarliks vroeg in Desember “halt” vir ‘n welverdiende ruskans na ‘n lang en harde jaar op see - dis nou ná die herstel van visnette, asook boot-opknappingswerk in die droë dokke. Vanaf Februarie 2025 sal die Pelagiese Vissersbedryf weer slaggereed vir 2025 wees.

Hardus Botha 

Die ‘Boet van Visnette’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Sport Updates

Sport Updates

This week, Grootbos coaches have assisted at local schools inter-house athletics days.

Grootbos Foundation
Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai se jaarlikse kleuresport-atletiekbyeenkoms is op 22 en 23 Januarie 2026 aangebied.

Laerskool Gansbaai
Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.

Laerskool Gansbaai
Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

We safely transported 44 people from Brides Revival Ministry in Botrivier all the way to Johannesburg.

MNRJ Transport
Give a child a head start in 2026

Give a child a head start in 2026

Every year, the Grootbos Foundation supports the children in our Sports Programme...

Grootbos Foundation
See All Articles