Blog

Tagtig jaar se NGK-geskiedenis

Tagtig jaar se NGK-geskiedenis

Gans-Berg Nuus / News

Tagtig jaar se NGK-geskiedenis

As deel van die Gans-Berg Nuus se geskiedenisblaaie, soos die ‘Dolosverhaal’ en die ‘Boet van Nette’, is ook die 80-jarige bestaan van die Gansbaai NG-gemeente - 1944 tot 2024, van groot belang. Die gemeente het in 1944 van die NG-gemeente in Stanford afgestig en is op 22 November 1944 deur die Ringskommissie in Gansbaai gestig - met 690 lidmate. Vandag is dit ‘n makro-gemeente met ‘n area wat strek vanaf De Kelders deur tot by Pearly Beach en Baardskeerdersbos, insluitend die plaasgemeenskappe.

‘n Gesellige, maar ook geestelike Feesweek, is vanaf Sondag, 17 November 2024 tot Sondag, 24 November 2024 aangebied. Die hoofstroom van aktiwiteite het die volgende ingesluit: Jeugkerssangdiens; 2 bustoere, met SD Fourie as gids wat die toergangers breedvoerig oor Gansbaai se geskiedenis ingelig het; ‘n gesellige ‘Maak ‘n Las’ aand met Gansbaai-stories wat vertel is; ‘n ligte ‘Klassieke-aand met Kaas & Wyn’ deur plaaslike kunstenaars, asook met Jeanine Williams as gaskunstenaar; ‘n spesiale Vrydagmark met Asanti Smit se studente en die Strandveld Boere-orkes; ‘n smaaklike ontbyt wat deur die leraars, ds Willie Kotze en ds Hanri Joubert voorberei is; ‘n oggenddiens deur ‘n voormalige leraar, ds NJ van As; die gewilde Kerssangdiens as die ‘kersie op die koek’.

‘n Spesiale uitgawe van die gemeente se Nuusbrief, Seestrome, is met 80 jaar se kosbare geskiedenis saamgestel en uitgegee.

Hardus Botha

Tagtig jaar se NGK-geskiedenis

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles