Blog

Tagtig jaar se NGK-geskiedenis

Tagtig jaar se NGK-geskiedenis

Gans-Berg Nuus / News

Tagtig jaar se NGK-geskiedenis

As deel van die Gans-Berg Nuus se geskiedenisblaaie, soos die ‘Dolosverhaal’ en die ‘Boet van Nette’, is ook die 80-jarige bestaan van die Gansbaai NG-gemeente - 1944 tot 2024, van groot belang. Die gemeente het in 1944 van die NG-gemeente in Stanford afgestig en is op 22 November 1944 deur die Ringskommissie in Gansbaai gestig - met 690 lidmate. Vandag is dit ‘n makro-gemeente met ‘n area wat strek vanaf De Kelders deur tot by Pearly Beach en Baardskeerdersbos, insluitend die plaasgemeenskappe.

‘n Gesellige, maar ook geestelike Feesweek, is vanaf Sondag, 17 November 2024 tot Sondag, 24 November 2024 aangebied. Die hoofstroom van aktiwiteite het die volgende ingesluit: Jeugkerssangdiens; 2 bustoere, met SD Fourie as gids wat die toergangers breedvoerig oor Gansbaai se geskiedenis ingelig het; ‘n gesellige ‘Maak ‘n Las’ aand met Gansbaai-stories wat vertel is; ‘n ligte ‘Klassieke-aand met Kaas & Wyn’ deur plaaslike kunstenaars, asook met Jeanine Williams as gaskunstenaar; ‘n spesiale Vrydagmark met Asanti Smit se studente en die Strandveld Boere-orkes; ‘n smaaklike ontbyt wat deur die leraars, ds Willie Kotze en ds Hanri Joubert voorberei is; ‘n oggenddiens deur ‘n voormalige leraar, ds NJ van As; die gewilde Kerssangdiens as die ‘kersie op die koek’.

‘n Spesiale uitgawe van die gemeente se Nuusbrief, Seestrome, is met 80 jaar se kosbare geskiedenis saamgestel en uitgegee.

Hardus Botha

Tagtig jaar se NGK-geskiedenis

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News
Newsletter #5 Now Available - April 2026

Newsletter #5 Now Available - April 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) Newsletter #5 is out now!

Bring a Touch of Bali and the Sea Into Your Home

Bring a Touch of Bali and the Sea Into Your Home

At Koekeloer Gift Shop in Gansbaai, we’ve just restocked with beautiful treasures straight from Bali.

Stop Comparing Yourself to Others

Stop Comparing Yourself to Others

We’ve learned to measure ourselves…

Holiday Programme Fun at Grootbos Foundation

Holiday Programme Fun at Grootbos Foundation

Feelgood Friday update from Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Hands That Paint, Hearts That Build

Hands That Paint, Hearts That Build

Last week was a truly special week in the Beverly Hills community.

Sunshine Nation
See All Articles