Blog

Bekende Gansbaaiers in motorongeluk

Bekende Gansbaaiers in motorongeluk

Gans-Berg Nuus / News

Bekende Gansbaaiers in motorongeluk

-Flip en Maretha Geldenhuys-

Twee bekende Gansbaaiers sedert 1993, Flip en Maretha Geldenhuys van De Kelders, was op Saterdag, 4 Januarie 2025 in ‘n motorongeluk betrokke. Die egpaar was op Maandag, 6 Januarie 2024 steeds in MediKliniek, Hermanus, met Flip, wat so ernstig beseer is dat hy in die Intensiewe Sorgeenheid (ICU) opgeneem is. Na verneem word is ‘n kind en ‘n passasier in die Toyota Hilux, vermoedelik van Gansbaai of omgewing, ook beseer, maar bevestiging van die erns daarvan kon nie verkry word nie.

Die ongeluk het by die kruising van die Kleinbaaipad, Franskraalweg en Danger Point-pad plaasgevind (oorkant die African Penguin & Seabird Sanctuary). ‘n Beampte van CORE Tactical Services was by die kruising tydens die botsing en moes remme aanslaan om nie ook betrokke te wees nie. “Die botsing het so vinnig gebeur dat daar nie eers remmerke op die pad was nie,” het hy gesê. Hy het bevestig dat die bestuurder van die Toyota Hilux vir ‘n oomblik by die stopteken gestop het, maar dadelik weer weggetrek het - waarskynlik het die bestuurder nie die Geldenhuys-egpaar se motor gesien nie. Hulle was met hulle wit Renault vanaf Gansbaai, rigting Kleinbaai, op pad. CORE se beampte het dadelik die SAPD, ambulansdienste en brandweer ontbied, wat vinnig op die toneel was.

In ‘n telefoniese onderhoud Maandag met die Gans-Berg Nuus het Maretha gesê dat Flip nog sowat 3-4 dae in ICU sal wees. “Hy het ernstige beserings opgedoen, sy arm is gebreek, asook sy ribbes, met ‘n rib wat in die longvlies ingesteek het,” het Maretha gesê. “Hy het ook ernstige snywonde in sy gesig opgedoen, met sy neus wat ook gebreek is, terwyl hy baie kortasem is.” Sy sê die dokter hou hom in ICU om die skade aan sy long te monitor. Sodra hy na ‘n saal oorgeplaas kan word, moet sy arm geopereer word en die dokter wil eers seker maak dat sy longe gereed is vir so ‘n operasie.

Met verwysing na haarself, het Maretha gesê dat sy ernstige kneuswonde opgedoen het en die ligamente in haar nek is erg beskadig. Sy dra ‘n nekstut en die dokter het gesê dit is te gevaarlik vir haar om alleen huis toe te gaan alvorens hy nie met haar nek tevrede is nie. “Onder omstandighede gaan dit egter beter met my, maar ek is bekommerd oor Flip wat steeds baie deurmekaar is,” het sy gesê.

“Wat die gebeure so ironies maak, is dat ons net vanaf De Kelders na OK Foods vir ‘n paar inkopies gery het,” vertel Maretha. “Flip, wat nie meer kan bestuur nie, het gevra ek moet hom na Kleinbaai neem, hy wou graag na die bote gaan kyk!”

Gans-Berg Nuus se Redaksiespan wens die egpaar ‘n volkome herstel toe.

Hardus Botha

Bekende Gansbaaiers in motorongeluk

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles