Hoogvlieg Vlerke

Hoogvlieg Vlerke

Gans-Berg Nuus / News

image left

Hoogvlieg Vlerke

'n Suksesstorie bly 'n inspirasie, veral vir jongmense. Sukses val egter nie uit die lug nie. Dit verg harde werk, lang ure, determinasie en 'n wil om vooruit te gaan.

Liezel Stemmet het 5 jaar gelede by die Prime Cut Meats groep van Hubert Greebe in Gansbaai aangesluit. Met 'n ysere wil aan die hand van Hubert se bekwame opleiding en die ondersteuning van haar man, Wihan, klim Liezel die volgende sport op haar leer wanneer sy op 1 Julie die pos as slaghuisbestuurder by OK Aggeneys aanneem. Wihan is een van die minderheid-mans wat sy vrou se harde werk verstaan en nie terugstaan vir huiswerk saans na werk en soggens voor werk nie. Spanwerk.

Dis baie ver van hulle gemaklike omgewing in die sin dat Wihan se ouers, Johan en Christine Stemmet, op Franskraal woon en hulle mekaar daagliks gesien het. 'n Hegte familieverband wat deur afstand verbreek word, maar 'n geleentheid wat hulle nie kon laat verbygaan nie. Hul graad 5 dogter, Anke, is een van Laerskool Gansbaai se uitblinkers. 'n Akademiese Graad 5-leerling wat verlede jaar Graad 4 se Top-Gansie was vir haar veelsydigheid. Anke gaan uiteraard haar maatjies mis, maar Sussie-kat is 'n nuwe troostroetel teen hierdie verlange.

Liezel en Wihan is 12 jaar getroud nadat hulle vir 9 jaar reeds saam was. Hulle ken die afdraaipaaie van die lewe en juis as gevolg van hulle saamloop, kan hulle vandag met vertroue hierdie nuwe pad saam aanvat. 'n Pad van diepe dankbaarheid omdat hulle kan terugkyk en die voetspore sien waar Jesus hulle gedra het. Ook hoe God se planne vir hulle in plek geval het om te wees waar hulle vandag is.

Liezel beskryf haar sterkste punt as kliëntediens. Sy het 'n verhouding gebou met haar kliënte, hulle op die name genoem en geweet hoe hulle hul vleis gesaag wil hê, watter snitte hulle verkies, hoe dit verpak moet word. Soveel so dat 'n groep van haar kliënte haar bederf het met 'n totsiens-geleentheid. Dit is wie sy is en wat sy saamneem Aggeneys toe. In sy afskeidsboodskap aan Liezel het Hubert gesê Prime Cut Meats was eintlik Liezel se slaghuis.

Hierdie tenger vroutjie het 'n skaap van die haak af oor haar skouer gegooi en hom opgesaag in Prime Cuts. Sy is Hubert ewig dankbaar vir die geleentheid wat hy haar gegee het en sy gaan voortbou op sy voorbeeld om mense op te lei en hul kennis in die vak te verbreed.

Ons wens die Stemmet-gesin, wat vir 4 jaar ook deel van ons bestaan was, alle voorspoed toe daar ver in die Noordkaap. “Maar,” sê Liezel, “hulle sal moet verstaan dat haar gesin prioriteit nommer een is en so sal bly.” Wihan, Liezel, Anke en Sussie, julle vlerke is gesprei. Vlieg saam en vlieg hoog!!

Carine Badenhorst

Hoogvlieg Vlerke

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Sport Updates

Sport Updates

This week, Grootbos coaches have assisted at local schools inter-house athletics days.

Grootbos Foundation
Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai se jaarlikse kleuresport-atletiekbyeenkoms is op 22 en 23 Januarie 2026 aangebied.

Laerskool Gansbaai
Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.

Laerskool Gansbaai
Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

We safely transported 44 people from Brides Revival Ministry in Botrivier all the way to Johannesburg.

MNRJ Transport
Give a child a head start in 2026

Give a child a head start in 2026

Every year, the Grootbos Foundation supports the children in our Sports Programme...

Grootbos Foundation
See All Articles