Nuwe Suster vir Ikamva-gesondheidsdienste

Nuwe Suster vir Ikamva-gesondheidsdienste

Gans-Berg Nuus / News

image left

Nuwe Suster vir Ikamva-gesondheidsdienste

Suster Brenda Lombaard (66) is met ingang van 1 Julie 2025 as een van Ikamva Jeugontwikkeling se professionele susters aangestel. Die projek waarby Brenda ingeskakel het, is Ikamva se Geïntegreerde Gesondheids- en Welstandsdienste in die Gemeenskap. 

Brenda is aanvanklik in 1989 as 'n teatersuster in Gauteng opgelei. Sy het ook vir sowat 3 jaar in Hermanus Provinsiale Hospitaal gewerk, waarna sy ook by twee Tehuise vir Bejaardes betrokke was. In 2019 het Brenda na De Kelders verhuis. In Augustus 2023 het sy afgetree, maar was deur middel van agentskappe steeds by klinieke in Hermanus, Stanford en Gansbaai betrokke.

Sy voel opgewonde oor die nuwe uitdaging wat by Ikamva op haar wag. “Vir my is dit 'n nuwe veld waarin ek gaan werk, maar ek sien baie daarna uit,” het sy gesê.

Genoemde projek waarby Brenda ingeskakel het, word deur twee geregistreerde professionele verpleegkundiges, waarvan sy nou die een is, gefasiliteer. Hierdie gesondheidsorgwerkers, met die bystand van 27 gemeenskapsgesondheidswerkers en 4 lekeberaders, verskaf broodnodige gesondheidsorg aan die mees kwesbare en benadeelde lede van die gemeenskappe van Gansbaai-omgewing, Stanford, Baardskeerdersbos, Pearly Beach en Buffeljagsbaai. Sterkte word Suster Brenda met haar nuwe uitdaging toegewens.

Hardus Botha

Nuwe Suster vir Ikamva-gesondheidsdienste

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Looking for the perfect Christmas gift?

Komtessa Boutique
Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Discover the fascinating world of fynbos pollinators.

Grootbos Foundation
7 Days to Christmas: Start with Love

7 Days to Christmas: Start with Love

Start by being what you want to see in your family.

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

To help with the adoption of 5 gorgeous puppies, STERITHON teamed up with BARC Animal Welfare.

Fostering Animals
Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Inspecting, Servicing, and Restoring Pumps.  

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Merry Christmas from Tanzanites and Diamonds of Hermanus.  

See All Articles