Poegie-helde oorhandig R70 400 aan Ikamva

Poegie-helde oorhandig R70 400 aan Ikamva

Gans-Berg Nuus / News

Poegie-helde oorhandig R70 400 aan Ikamva

Dit is Woensdag, 9 Julie 2025 en om 17:15 kom Manny du Bruyn Kerkstraat met sy Poegie (Scooter) binnegery - 11 dae nadat die 5 Poegie-helde Gansbaai op Sondag, 29 Junie 2025 om 03:30 verlaat het om na Hentiesbaai in Namibië te ry. Van dié 11 dae het die manne 8 dae in die Poegie-sale deurgebring - 4 dae daarheen en 4 dae terug - vir sowat 2 000km heen en weer, 4 000km in totaal. Die manne het sowat 10-11 ure elke dag (8 dae!) in die Poegie-sale deurgebring - dit wil absoluut gedoen wees! Die Poegies se 'kragtige' enjins is 'n skrale 125cc tot maksimum 150cc. 

Manny de Bruyn, Japie Geldenhuys, Marius Alberts, Gerrie Schutte en Kobus Geyser het hierdie groot uitdaging ten bate van Ikamva Jeugontwikkeling aangepak - en die pragtige bedrag van R70 400 ingesamel, plus nog sowat R2 000 wat binnekort vanaf Namibië oorgeplaas gaan word. Die ander 4 Poegie-manne, wat hulle deel deur en deur saam met Manny gedoen het, het weens bepaalde omstandighede nie saam met hom Gansbaai binnegery nie. In Mustang Sally Pub & Grill is versierings aangebring, 'n yslike verwelkomingsbord is opgehang en 'n groot tafel met verversings het gereed gestaan om die sukses te vier. 

Die roete wat die manne gevolg het, was in kort: Gansbaai, Worcester, Springbok, die grens tussen Suid-Afrika en Namibië, Keetmanshoop, Mariental, Windhoek, Walvisbaai, Swakopmund en hulle eindpunt, Hentiesbaai. Dieselfde roete is weer vir die terugtog aangepak. “Ons het vooraf besef dit sal 'n fisiese en 'n geestelike uitdaging wees wat met spanning en uitputting gepaard sal gaan - en dit was ook so, maar ons het dit geniet en is dankbaar dat ons deurgedruk het en veilig terug is,” het Manny gesê. Hy het enkele interessanthede, en 'probleme' langs die pad (wat oorkom is), met die Gans-Berg Nuus gedeel - hopeloos te veel om in hierdie berig te kan meld! Wat hy wel beklemtoon het, was die warm en vriendelike ontvangs wat hulle in Namibië te beurt geval het - hulle is behoorlik op die hande gedra. Die motorfietsklub, 1313 Mac's Familia in Namibië, verdien 'n spesiale woord van dank: hulle het die poegie-manne met warm harte in Namibië ontvang en hulle behoorlik met hulle beursies, etes en huise vir gerieflike verblyf bederf. “Groot dankie aan hulle, asook aan Radio Kosmos van Namibië wat ons op die lug 'gehou' en sodoende ondersteun het.

Baie geluk aan Manny en sy gedugte span wat hierdie enorme projek vir 'n goeie doel suksesvol deurgevoer het - almal is trots op julle!

(Foto's binne restaurant: Cloe van Mustang Sally)

Hardus Botha

Poegie-helde oorhandig R70 400 aan Ikamva

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Sport Updates

Sport Updates

This week, Grootbos coaches have assisted at local schools inter-house athletics days.

Grootbos Foundation
Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai se jaarlikse kleuresport-atletiekbyeenkoms is op 22 en 23 Januarie 2026 aangebied.

Laerskool Gansbaai
Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.

Laerskool Gansbaai
Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

We safely transported 44 people from Brides Revival Ministry in Botrivier all the way to Johannesburg.

MNRJ Transport
Give a child a head start in 2026

Give a child a head start in 2026

Every year, the Grootbos Foundation supports the children in our Sports Programme...

Grootbos Foundation
See All Articles