Blog

Gans-Berg Nuus toer saam

Gans-Berg Nuus toer saam

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus toer saam

Verskeie lesers van die Gans-Berg Nuus het al laat weet van hulle foto-albums oor spesifieke berigte wat hulle, vir bewaring in foto-albums, uitgeknip het - dit beklemtoon lesers se behoefte aan gedrukte uitgawes en die redaksiespan voel baie trots daarop.

Ons het by een egpaar, wat al male sonder tal getoer het, Fanie en Judy Bothma van Franskraal, gaan inloer en deur hulle pragtige, eintlik historiese, foto-album (en hulle het nog ander albums ook!) geblaai wat op 'n kunstige wyse deur Judy saamgestel is - 36 groot album-blaaie, dus 72 bladsye. Daarin is hulle toer saam met Johan en Thenesia Ackermann van Clanwilliam na 12 Afrika-lande oor 'n tydperk van 4 maande, met 24 500km agter die rug, vanaf 7 Junie 2029 tot 25 September 2019 (tot kort voor die covid-tydperk) vasgevang. Die toer is in 16 dele vanaf 22 Januarie 2021 deur die Gans-Berg Nuus geplaas, wat groot byval onder ons lesers gevind het - nou is Gans-Berg Nuus se 16 berigte, met Fanie en Judy se foto's, in 'n prag-foto-album vasgevang.

Ons lesers kan nou weer uitsien na 'n nuwe reeks oor Fanie en Judy se toer gedurende Mei en Junie 2025. Die toer was vanaf Suid-Afrika na Kgalagadi, Botswana en Namibië uitsien. Hierdie toer het Fanie en Judy saam met hulle ander geliefde toer-egpaar, Dolf en Elna Nel van Saldanha, aangepak. Hulle wedervaringe en foto's sal weer in verskillende dele oor 'n tydperk in die Gans-Berg Nuus geplaas word.

Elna is, net soos Judy, baie kunstig en lesers sal onthou van haar persoonlike en uitsonderlike 'dagboek' waarin sy 'n vorige toer met dag-vir-dag nota's van hulle wedervaringe beskryf het, soos net sy dit kan doen. Saam met haar nota's in die dagboek, is kunstige tekeninge en sketse ingebring, wat eweneens as 'n kosbare album beskou kan word. In een van hulle vorige toere het sy haar dagboek aan die Gans-Berg Nuus beskikbaar gestel, soos wat sy ook nou vir die volgende reeks gedoen het. Daar kan beslis na die volgende toer-reeks in die Gans-Berg Nuus uitgesien word.

Hardus Botha

Gans-Berg Nuus toer saam

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles