Pastoor Lee Miley bedien hierdie Sondag by ons!
Hierdie Sondag, 12 Oktober 2025 om 09:00 bedien Pastoor Lee Miley by ons al die pad van Amerika. Almal is welkom.
Pastoor Lee Miley se bediening Flaming Dove Ministries is daartoe verbind om die Evangelie aan die wêreld te verkondig.
Pastoor Lee het sy lewe vir meer as 36 jaar aan God en die roeping van God toegewy. Hy was vir 16 jaar lank Pastoor by die Praise Cathedral in Meadville, Mississippi, en het vir meer as 20 jaar lank geëvangeliseer in lande soos Indië, China, Japan, Bulgarye, Suid-Afrika, Mexiko, Israel, Nicaragua, sowel as in die Verenigde State.
Pastoor Sandra Miley, sy vrou, het ook haar lewe aan God toegewy en staan reeds vir meer as 32 jaar in die bediening. Sy het gedien as 'n studente -, senior pastoor en as 'n direkteur van Church of God Iris B. Vest SpiritCare Ministries, en het ook bedien in Mississippi, Alabama, Wes-Virginia en Tennessee.
Saam glo hulle in die volle werking van die gawes van die Heilige Gees! Hulle glo ook die grootste wonderwerk is wanneer iemand hul lewe aan die Here Jesus gee en Hom as hul HERE en Verlosser aanneem.










