Blog

Bietoubossers vier Omgee-vrouwees

Bietoubossers vier Omgee-vrouwees

Gans-Berg Nuus / News

Bietoubossers vier Omgee-vrouwees

Die op-en-wakker Bietoubos Damesklub het hulle Vrouemaand-byeenkoms met 'n belangrike eienskap van vrouwees behoorlik gevier - 'omgee'. “Ons het reeds vroeër in die jaar fondse ingesamel om die Verfraai Gansbaai-projek te ondersteun,” vertel Elizma de Lange. “Carla Gouws en Laurette Nel het op 12 Augustus elk R1 000 ontvang, onderskeidelik vir die tuinbou- en die kunsverfraaiing van ons dorp.”

Albei het vertel van die verskillende projekte wat aangepak is en reeds 'n verskil in ons dorp maak. Onder andere is daar by verskeie straatingange plante aangeplant, en verskillende muurskilderye is oral te sien om Gansbaai op te helder. “Die gaste het vinnig besef dat ons bydrae maar 'n druppel in die emmer is om die koste te dek van arbeid, plante, verf, ensovoorts,” het Elizma gesê. “Met dit wat Carla en Laurette ons vertel het van wat hulle alles doen, was ons dankbaar dat die Bietoubosklub 'n blyk van erkenning gegee het aan mense wat nie net kla nie, maar met 'n passie werk om Gansbaai te verfraai.”

Elizma sê hulle 'Minister van Omgee', Marie de Jager, is reeds besig om aan 'n volgende projek te werk - die Herberg aan See Basaar se poedingtafel. 'n Pragtige gehekelde kombers (deur Lanita Marais geskenk) is uitgeloof om fondse vir bestanddele aan te koop. Die gelukkige wenner van die kombers was Caren Labuschagne.

Omring met soveel ekstase oor omgee-projekte, kon die gaste nie anders as om heerlik saam te kuier met tee en verleidelike eetgoed om die byeenkoms mee af te sluit nie - natuurlik met 'n kreunende tafel soos net die Bietoubossers dit kan doen!

Hardus Botha

Bietoubossers vier Omgee-vrouwees

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fiscal Flycatcher Babies Thrive

Fiscal Flycatcher Babies Thrive

Our parting shot this week is of the fiscal flycatcher babies that were born a week ago in a nest just outside our office. 

Grootbos Foundation
20 Days to Christmas: Check-off Time

20 Days to Christmas: Check-off Time

Is there anything you didn’t manage to complete this week? 

19 Days to Christmas: Lazy Time

19 Days to Christmas: Lazy Time

School sports are finished. The crazy rush-around of a Saturday is done. You have a few extra hours on hand.

The Mirror Within

The Mirror Within

We look at other relationships through the prism of our personal relationship with self.

Graad 3 Vier ’n Jaar van Pret en Prestasie

Graad 3 Vier ’n Jaar van Pret en Prestasie

Die graad 3-leerders het Maandag, 1 Desember hul jaarlike afsluitingsfunksie by Groeneweide gehou. 

Laerskool Gansbaai
Overstrand Tourism Diary: 3 - 7 December 2025

Overstrand Tourism Diary: 3 - 7 December 2025

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary, filled with music, markets, walks, workshops, and live entertainment...

Gansbaai Tourism
See All Articles