Uitsonderlike Prestasie deur Gansie-skaakspelers!
Ons is ongelooflik trots op ons Gansie-skaakspelers wat op Saterdag 31 Januarie aan die Overberg Skole Ope Kampioenskappe te Caledon deelgeneem het. Hulle het uitstekend presteer!
Wenners:
Onder 7:
1ste plek - Albert de Villiers
Onder 9:
1ste plek - Rossouw Coetzer
2de plek - Lihan Lourens
Beste dogter onder 9 - Azaileah Fortuin
Beste dogter onder 11 - Isabelle de Villiers
Geluk aan elke deelnemende speler en jul trotse verteenwoordiging van Laerskool Gansbaai.
Dankie aan al die ouers wat die dag saam met ons spandeer het. Jul ondersteuning en aanmoediging beteken ongelooflik baie vir ons Gansies.















