Curro Winter Open 2026
Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem:
Anneke du Preez - O/13
Hanro Coetzer - O/13
Quade Crafford - O/11
Rossouw Coetzer - O/9
Leroux Coetzer - O/9
Baie geluk aan Quade Crafford en Rossouw Coetzer met julle uitstekende 3de plekke in julle onderskeie afdelings.
’n Spesiale gelukwensing aan Hanro Coetzer met sy 2de plek in die O/13-afdeling.
Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Julle harde werk, toewyding en sportmangees is ’n inspirasie. Hou aan om die Gansie-naam hoog te hou!









