
VAKATURE: SBL-BETREKKING BY LAERSKOOL GANSBAAI
Laerskool Gansbaai nooi gekwalifiseerde en toegewyde onderwysers uit om aansoek te doen vir 'n SBL-pos. Indien jy passievol is oor onderwys en die nodige kwalifikasies beskik, is hierdie 'n uitstekende geleentheid om deel te word van 'n dinamiese skoolgemeenskap.
Vakgebiede en fases:
• Sosiale Wetenskap (Graad 4-7)
• Wiskunde (Graad 4-7)
• NW/Teg (Graad 4-6)
• Tegnologie (Graad 7)
• Natuurwetenskappe (Graad 7)
Vereistes:
• B.Ed-kwalifikasie
• Akademiese transkripsies
• SACE-registrasie
• Gesertifiseerde ID
• Polisieklaring
• Nuutste CV
Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 Augustus 2026 om 14:00
Onderhoude: 21 Augustus 2026
Diensaanvaarding: Januarie 2027
Stuur jou aansoek na: admin@gansies.co.za
Let wel: Korrespondensie sal beperk word tot kandidate wat suksesvol gekortlys word vir onderhoude.











