
Sterkte aan ons Gimnaste!
Laerskool Gansbaai wens Carmien, Marilet, Lia, Danielle en Zaan alle sterkte toe vir die Wes-Kaapse Gimnastiekkampioenskappe wat van 7-10 Augustus 2026 by die Wes-Kaapse Sportskool in Kuilsrivier plaasvind.
Ons is ongelooflik trots op julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Geniet elke oomblik, gee julle beste en wys waarvoor Gansbaai staan!
Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!











