Gansveer by die Groot Wit Huis

Gansveer by die Groot Wit Huis

Gansveer Poetry Group

Image

Gansveer by die Groot Wit Huis

Wat ’n genoeglike aand was dit nie!

Die argeoloë het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt, terwyl die res van ons se vraagtekens woes deur ons breine gespring het om uit te pluis wat presies die artefakte kon wees!

Die 4026 argeoloë het dit beslis nie vir ons maklik gemaak nie, maar dit was pret dit om te raai, te wonder en soms heeltemal op die verkeerde spoor te wees!

In haar afwesigheid het Charlotte se artefak ons lekker laat giggel terwyl ons probeer uitwerk het wat haar opspraakwekkende vonds was. Nice ene!!!

Marí het sommer haar eie 4026-jargon geskep en ons verras hoe woorde kon verbuig en nog steeds presies sê wat sy wou sê

Glenda het ’n kort, kragtige verslag gelewer wat sommer spontaan ’n applous ontlok het toe die werklike artefak onthul is.

Alma se artefak het ons tussen ’n inspuiting en ’n termometer laat rondtas, maar toe die antwoord uiteindelik kom, ballpoint pen! Nog ’n spontane handeklap!

Dave se glass harmonica het behoorlik kop gekrap en ’n hele paar duidende raaiskote ontlok maar ons glad nie die antwoord kon raai nie!! Moeilike een gewees!!!!

Natalie het ons op ’n volle argeologiese drama getrakteer, kompleet met Natalie, Angelique en Bertrant. Ons het amper vergeet ons probeer eintlik net uitwerk wat die artefak is!

Gideon het ons laat giggel met sy beskrywing van ’n viervoetige groen masseerdertjie. 

My eie artefak, die remote control, is aanvanklik vir ’n selfoon aangesien, maar dit het darem nie lank geneem voordat die Gansveer-argeoloog-span uitgewerk het dat ek eintlik van ’n TV-afstandbeheer praat nie!

En dit was presies die lekkerte van die uitdaging.

Niemand het geweet nie.

Ons moes bloot kyk, luister, dink, raai… en soms met groot selfvertroue heeltemal verkeerd wees!

’n Groot dankie aan almal wat deelgeneem het. Julle het van ’n klomp doodgewone 2026-voorwerpe ’n aand vol verbeelding, humor en heerlike verwarring gemaak.

Gansveer by die Groot Wit Huis, hier was vanaand die jaar 4026 se argeoloë amptelik en “wettiglik” gesertifiseer!

Die kos en kuier was uit die boonste rakke en die atmosfeer het bygedra dat die aand nog baieclank onthou sal word. 

Foto krediet: Groot Wit Huis

Gansveer by die Groot Wit Huis

Gansveer Poetry Group

Gansveer is a poetry group in Gansbaai, where words come to life through shared expression and storytelling. The group celebrates multilingual creativity, including Afrikaans and other languages, with English serving as the shared language to ensure inclusivity and clarity. Gansveer focuses on expre...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Pearly Beach Horse Riding Reviews

Pearly Beach Horse Riding Reviews

It's been go, go, go the last few weeks and as October comes to an end, our reviews from all four corners of the world.

Grootbos Foundation Tackles Invasive Plants After Wildfires

Grootbos Foundation Tackles Invasive Plants After Wildfires

Since the wildfires of last summer, an initiative called Rise of the Fynbos has begun...

Grootbos Foundation
Prominent Paints Neuklad Cool Roof Paint

Prominent Paints Neuklad Cool Roof Paint

Keep your home cooler this summer with Prominent Paints.

Exterior Paint Colours and Advice

Exterior Paint Colours and Advice

Before picking a colour, consider how much sunlight each wall receives.

Prominent Paints Gloss Enamel at Wilkoo Marketing

Prominent Paints Gloss Enamel at Wilkoo Marketing

Your walls may look great, but what about your gutters, fascias and garage door?

Roof Paint and Maintenance

Roof Paint and Maintenance

Now is a good time to check your roof before the summer storms arrive!

See All Articles