INTERSKOLE 2026
Laerskool Gansbaai vs De Villiers Graaff
WAT ’N DAG!
Wat ’n GANSIE-oorwinning!
Baie dankie aan ons ouers en ondersteuners, ons spelers, dirigente en trompoppies vir die pragtige spel en optredes en aan elke Gansie wat gesing, gejuig en aangemoedig het!
Dankie aan ons WOW-mammas en -pappas, die helpers in die snoepie, ons personeel, afrigters, buite-afrigters en borge – julle harde werk, ondersteuning en toewyding het hierdie besonderse dag moontlik gemaak.
’n Spesiale dankie aan De Villiers Graaff wat die ompad gery het om deel te wees van hierdie besonderse dag. Dit was ’n voorreg om die dag saam met julle te deel.
Geluk aan De Villiers Graaff met julle wen van die Geesbeker 2026!
Julle was aan die brand en het die gees behoorlik laat vlamvat!
Geluk ook aan ons Gansies met die wen van die beker vir die skool met die meeste punte aangeteken, bereken volgens die deelname in skaak, landloop, rugby en netbal.
Ons het weereens bewys dat ons as EEN SPAN, EEN HART, en EEN GANSIE-FAMILIE die vermoë het om saam te staan, saam te werk en te doen wat gedoen moes word!
Aan al die Gansies: Sterkte met die assesserings wat voorlê!
Ons weet julle gaan ook hier wys wat in julle steek en dat julle met dieselfde Gansie-gees julle beste sal gee!
GANSIES, JULLE HET ONS TROTS GEMAAK!










