
Ondersteun die Overberg Toy Run!
Laerskool Gansbaai en Harbour on Deck slaan hande saam vir die Overberg Toy Run!
Ons wil graag help om ’n verskil in die Overberg te maak! Laerskool Gansbaai en Harbour on Deck werk saam om sagte speelgoed en opvoedkundige speelgoed in te samel vir die Overberg Toy Run.
Hoe kan jy help?
Skenk asseblief enige sagte of opvoedkundige speelgoed en help ons om ’n glimlag op ’n kind se gesig te sit.
Alle speelgoed moet teen of op 27 November 2026 by Harbour on Deck ingehandig word.
Kom ons staan saam, deel die liefde en maak ’n verskil in ons gemeenskap!









