Gansbaai VLV Nuus

Gansbaai VLV Nuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verlede Maandag het VLV Gansbaai die voorreg gehad om vir Antie Stienie (Cindy Liebenberg) te ontmoet. Ongeveer 55 dames en 3 mans het 'n baie prettige middag deurgebring by die Gansbaai Family Church in Buitekantstraat. Daar was oomblikke van erns, en dan was dit gevolg met heerlike skatterlag en handeklap. Antie Stienie Verdoes is een van ses karakters wat deel is van die "famielie". Daar is ook Oom Hendrik Verdoes-Stienie se safariepak-kam-in-die-kous man met die mooiste borshare.                                   

Flora Verdoes- Blomkunstenaar, Eufesia Verdoes- die Ds se vrou, Kekkel-en Leghorn hen met vet dye en boude, en dan Koekie Swart - 'n nuwe karakter waaraan sy nog "geboorte" moet gee.

By verre die gewildste is Antie Stienie wat oor die afgelope 12jr, by sowat 216 optreses, met 21 000 vroue, pret gepraat het.

Haar "motto"- "Mag ek en jy, liewe vriendin, elke dag in dankbaarheid leef en nooit toelaat dat iemand ons in 'n blik druk nie. Mag ons uitstaan sonder om bo-op iemand te staan.Mag ons nooit die waarde van 'n glimlag onderskat nie. Voluit. Nou!" Antie Stienie het waarlik haar Grense Verskuif.

Groot dankie aan Ronel de Villiers en haar Kuns en Handvlyt dames wat gesorg het vir al die plesier, en heerlike eetgoed daarna. Kinnie Schutte was die gelukkige wenner van 'n reuse "Hamper" en Marianna van Rensburg, 'n eerste inskrywer vir ons kompetisies het met haar gebak 'n eerste prys gekry. Dankie ook aan Adri, Mike en Elize vir hulle musiek voor die verrigtinge.

Aan Thys en Ronel de Villiers wat hierdie middag geborg het, baie, baie dankie. Ons wil ook graag ons dank oordra aan John Collings van die Gansbaai Family Church vir die klank en die gebruik van die saal. Hopelik sal Antie Stienie of een van haar "famielie" weer vir ons kom kuier in die toekoms.

(Iemand het 'n donkerbril in die saal gelos. Kontak Rienie) 

Rienie Lüdick

Foto 1: Gesellige oomblik in die saal

Foto 2: Ronel de Villiers, Antie Stienie en Rienie Lüdick

Foto 3: Rita Groenewald , Antie Stienie en Anna Germishuys

Gansbaai VLV Nuus

Rienie Ludick

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles