Manne vir Moedersdag

Manne vir Moedersdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis nou nie manne wat Moedersdag vir hulself opeis nie, maar manne wat besluit het om die Moeders te onthaal en te bedien. Vanjaar is die tweede jaar wat die Birkenhead Boothengelklub besluit het dís hoe ‘n Moedersdagete aangebied moet word - die manne maak die kos, skep op en bedien die Moeders wat dan met oorgawe onthaal word. Hierdie projek was ook verlede jaar op Moedersdag ‘n reuse sukses - ook deur die manne aangebied. Op Sondag, 11 Mei 2014, het etlike gaste en moeders by die klubhuis opgedaag, met die manne wat hulle vriendelik in swart broeke, wit hemde en kleurvolle serpe met sjerrie ingewag het.

Voorsitter Philip Fourie het as seremoniemeester opgetree en baie spesiaal na veral die geloof van moeders verwys. Dirk en Eva Büchner, ook bootklublede, het gesorg vir hartroerende sang as blyk van waardering teenoor die moeders. Die uitstaande potjiekosse wat te ete aangebied is, was Bees (Steve Muller), Hoender (Dirk Büchner), Kerriehoender (Jan Lotz), Maalvleis/Pasta (Manie van Dyk), Skaap (Bev Swart) en Volstruis (Kobus du Toit), saam met broodjies, konfyt en patè (Stella Swart) en smaaklike malva poeding en vla (Nickie van Dyk) as nagereg.

Anita Botha en ‘n span helpers was verantwoordelik vir die pragtige en gepaste versiering van die klubsaal. Selfs hier was die manne (gesoute hengelaars!) behulpsaam en het die vooraf-uitgeknipte vroue-figuurtjies teen die mure opgesit en gekleurde servette in die wynglase gesit. By die gaste ingesluit was onder andere rdh Pieter Scholtz, ‘n voormalige voorsitter van die bootklub en sy eggenote, Ans. Bev Swart het op sy beurt met 6 uit ‘n gesin van 10 broers en susters opgedaag.

Die Birkenhead Boothengelklub se volgende boothengel-kompetisiedag is op Saterdag, 24 Mei 2014, met hulle gebruiklike en gesellige aandfunksie daarna. Skakel vir Johan Wiese by 084-680-1269, of stuur ‘n e-pos aan hom by johan.wiese55@gmail.com. 

Hardus Botha

Foto: Philip Fourie, Johan Wiese, Hardus Botha, Manie van Dyk, Steve Muller, Johan Burmeister, Jan Lotz, Dirk Büchner en Bev Swart

Manne vir Moedersdag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles