Whalehaven se Merlot

Whalehaven se Merlot

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die wynproe-byeenkoms in die Great White House, Kleinbaai was soos gewoonlik gesellig en leersaam, met 5 van Whalehaven in die Hemel-en-Aarde Vallei se wyne wat te proe aangebied is.

Helmie de Vries, voorsitter van Gansbaai Wynproegilde het die nodige formaliteite afgehandel. Whalehaven se wynmaker, Reino Thiart, is aan die woord gestel.

“Ek het my loopbaan begin deur kliënte oor ‘n wye spektrum aan goeie wyne van oral in die wêreld bekend te stel,” het hy gesê. “Daarna is ek terug na Suid-Afrika waar ek na Suid-Afrikaanse wyne gekyk het, met die fokus op wat kliënte werklik geniet.” Reino het vir 5 jaar as ‘n kelder-assistant by Whalehaven gewerk, waarna hy assistant-wynmaker geword het, voordat hy in 2007 as hulle wynmaker aangestel is. Die wyne wat geproe is, is Whalehaven se 2012 Viognier Chardonnay, 2011 Chardonnay, 2013 Pinotage, 2010 Pinotage en 2010 Merlot. “Oor die algemeen is goeie silwers aan die wyne toegeken, maar die top wyn vir die aand volgens wynproelede was die uitstekende 2010 Merlot wat hulle met ‘n sterk goud bekroon het,” sê Helmie. “Wat interessant is, is dat die lede dit eens was dat die 2010 Pinotage ‘n uitstaande fynboskarakter het.”

Die Great White House se nuwe kok, Chris Pead het vir ‘n smaaklike en bypassende spyskaart gesorg. Die gebruiklike oorhandigings is deur Tertia Coetzee, wat ook verjaar het, aan Reino gedoen, met Olla Olivier wat ‘n blyk van waardering aan Sonja Voster oorhandig het en Ans Scoltz se suster, Helmien Hendriks van Ellisras, aan Chris.

Die volgende byeenkoms van Gansbaai Wynproegilde is vir Vrydag, 30 Mei geskeduleer. Kennis kan nou reeds geneem word dat daar nie gedurende Juniemaand ‘n byeenkoms aangebied gaan word nie.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Helmie by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za.  

Hardus Botha

Foto: Vlnr is Olla Olivier, Reino Thiart, Tertia Coetzee, Helmien Hendriks, Sonja Voster, Chris Pead en Helmie de Vries. Foto: Jane Bailey

Whalehaven se Merlot

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles