Dillan sing tbv HaS

Dillan sing tbv HaS

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die gewilde Afrikaanse sanger, Dillan Lerm, tree op 5 Julie vanjaar om 19:00 in die Pretoriussaal ten bate van Herberg-aan-See op. Dillan is in Bloemfontein gebore, waar hy sowat 18 jaar van sy lewe deurgebring het. Sy ouerhuis is tans in Hermanus, waar hyself ook vanaf 1999 tot 2010 gewoon het.

“Ek noem myself ‘n professionele vakansieganger,” het hy al na homself verwys. Gedurende 2012 tot 2013 het Dillan sowat 280 optredes landswyd aangebied. Sy lewendige verhoogpersoonlikheid en natuurlike charisma met treffende lirieke soos die gewilde Emma’s Song en Trane van Genade, maak van hom ‘n ware ster. Hy word as ‘n diep mense-mens wat omgee en sy hart en tyd vir sy aanhangers aanbied, beskou. Hiermee kruip hy diep in die harte van oud en jonk in. Sy sprankelende verhoogpersoonlikheid maak ook van hom ‘n baie gewilde kunstenaar, asook seremoniemeester by verskeie feeste en skoue, soos die KKNK, Hartenbos ATKV, Bonnievale Bonanza en die Bloemfontein Skou.

Dillan deel ook al hoe meer die verhoog met groot name in die bedryf, soos Kurt Darren, Gerhard Steyn en Theuns Jordaan. Hy was ook die Tygerburger se lesers se eerste keuse met ‘n stemtotaal van sowat 3,300 stemme. Dillan sê hy het ook toneelspel en koordeelnames gedurende sy Stellenbosch-jare baie geniet. Hy beskou homself ook as ‘n “natural” agter ‘n mikrofoon en geniet die rol van seremoniemeester baie - “en ek vertel net skoon grappies…die meeste van die tyd!”

HaS is deurlopend afhanklik van addisionele finansiële hulp en ondersteuning en hierdie is ‘n gulde geleentheid vir die gemeenskap om hulle te ondersteun en terselfdertyd goeie waarde in ruil daarvoor te ontvang. Kaartjies beloop ‘n skrale bedraggie van R50/persoon en is by HaS (028-384-0501) gedurende werksure beskikbaar.

Hester Venter, organiseerder van Dillan se optrede, kan ook by 082-439-6256 vir kaartjies geskakel word. Teken nou reeds die datum aan: Saterdag, 5 Julie 2014 om 19:00 in die Pretoriussaal.

Hardus Botha

Dillan sing tbv HaS

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles